TV Plus (Afrikaans)

Goeie bedoelings

Steve lieg en praat homself lelik in ’n hoek vas.

-

Binnelande­rs Weekdae kykNET (*144) 19:30

Dit lyk of dr. Steve Abrahams (Clint Brink) se goeie hart hom vir die soveelste keer in die moeilikhei­d gaan laat beland. Hy stem in – op versoek van sy kollega Conrad (Hykie Berg) – om een van Elana (Ilne Nienaber) se agterstraa­t-pasiënte te opereer om sy arm te red. “Steve probeer altyd almal help waar hy kan,” sê Clint. Maar sy goeie dade word nie raakgesien nie en hy word gestraf vir sy heldedaad.

HEWIGE UITVAL – EN DIE SOEN

Steve se minnares, Annelize (Cindy Swanepoel), vermoed hy praat nie die waarheid oor waar hy die vorige aand was nie – sy dink hy en sy vervreemde vrou, Bronwyn (Kim Cloete), is besig om weer die vlam tussen hulle te koester. Op Vrydag 31 Maart, die dag ná die geheime operasie, konfrontee­r sy hom oor sy bedrywighe­de die vorige aand. “Steve lieg en vertel hy moes ’n noodoperas­ie in die Binneland-kliniek uitvoer, maar Annelize glo hom nie,” vertel Clint.

Op Maandag 3 April beskuldig Annelize vir Bronwyn sy het daardie aand saam met Steve deurgebrin­g. “Wanneer Bronwyn vir Steve konfrontee­r oor Annelize, vreet Steve vir Annelize uit, en ’n hewige woordewiss­eling volg tussen hulle,” sê Clint. En dan gebeur die onwaarskyn­like: Op Dinsdag 4 April soen Steve vir Bronwyn in ’n oomblik van swakheid. “Steve is emosioneel uitgeput, want hy jok vir sy minnares en sy vrou oor sy riskante profession­ele doen en late saans. En hy weet sy leuens kan hom die een of ander tyd inhaal,” sê Clint.

GYSELAAR!

Elana het intussen groter probleme. Fynn (Leroy Gopal) speel met al drie dokters se loopbane en wanneer hy meen daar is ’n kans dat hy sy besigheid kan verloor, neem hy Elana gyselaar. “Met Elana as gevangene het Fynn die hef in die hand. Hy weet nie Conrad of Steve sal sommer iets uitlap nie,” sê Clint. En as hulle sou uitpraat, is dit neusie verby vir Elana.

 ??  ?? Bronwyn (bo) en Annelize. Steve (links) en Elana (bo).
Bronwyn (bo) en Annelize. Steve (links) en Elana (bo).
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa