TV Plus (Afrikaans)

Hallo, baba

Welkom in ’n wêreld van skande, baba Douglas Forrester.

-

NUWE TYD Bold kry ’n nuwe tydgleuf en word vanaf Maandag 3 April weekdae om 18:30 uitgesaai.

The Bold And The Beautiful Weekdae SABC3 18:00/18:30

Dis babatyd! Dit gons in die Forresterh­uis op Maandag 3 April wanneer Caroline (Linsey Godfrey) se ongebore baba haastig raak. En terwyl sy bo in die geboorteba­d sit en aan kosbare herinnerin­gs van haar romanse met haar man, Ridge (Thorsten Kaye), dink, wag die Forresters op die grondverdi­eping. Op Dinsdag 4 April laat Ridge se eksvrou Brooke (Katherine Kelly Lang) aan sy jaloerse kleinboet Rick (Jacob Young) glip Caroline kry ’n “wonderbaba”, want Ridge het seker sy vasektomie in Parys laat omkeer . . .

Al is Ridge se seun Thomas (Pierson Fodé) die biologiese pa van Ridge en Caroline se baba, word Thomas uit die geboorteka­mer verban. Tog kan hy nie sy opgewonden­heid beteuel om sy nuwe “bababoetie” te ontmoet nie. En wanneer die baba gebore is, pink oupa Eric (John McCook) ’n traan weg en sê Ridge se oorlede ma, Stephanie (Susan Flannery), sou trots wees op die nuwe aankomelin­g wat uit “pure liefde” gebore is. Hy besef nie die baba is eintlik die produk van ’n dronk verkragtin­g in September 2016 nie. Ja, sommige babas word met ’n goue lepel in die mond gebore, maar ’n ware Forresterb­aba word in ’n 100% suiwer skandaal toegedraai!

BROER-SEUN

Op Donderdag 6 April koer Ridge en Caroline oor “ons wonderwerk, ons seun” en Caroline waarsku Ridge: “Ek verstaan hoekom jy Thomas weghou. Ek weet jy’s net beskermend teenoor my en die geheim, maar ek kan nie sien hoe ons dit kan vermy nie.” Ridge nooi toe sy seun om die baba te ontmoet. En met die sien van klein Douglas sê Thomas vir Caroline: “Ek voel so beskermend teenoor hom.” Vir Ridge sê hy: “Jy het ’n ongeloofli­ke vrou, Pa, en ’n pragtige seun. Ek sou gelukkig kon wees met so ’n lewe.” Wel, dit gaan net twee maande wees tot minstens een deel van die wens waar word.

 ??  ?? Ridge en Caroline verwelkom die jongste toevoeging tot die Forrester-familie. Die niksvermoe­dende Thomas is mal oor sy baba-“boetie”.
Ridge en Caroline verwelkom die jongste toevoeging tot die Forrester-familie. Die niksvermoe­dende Thomas is mal oor sy baba-“boetie”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa