TV Plus (Afrikaans)

Ek moet hier uit!

Lincoln vra Nina ’n guns om hom uit die gevangenis te kry.

-

Isidingo Weekdae SABC3 (*193) 19:00

Die onteerde sakeman Lincoln (Lindani Nkosi) word op Maandag 27 Maart in die tronk gegooi en die oomblik dat die deur agter hom toeklap, begin hy planne maak om daaruit te kom. Op Donderdag 30 Maart is sy idee, wat hy dink die perfekte plan is, klaar – met die beste medepligti­ge in die dorp!

GELD PRAAT

En vir hulp het Lincoln hom tot die mees twyfelagti­ge vrou in The Deep gewend – Nina (Khabonina Qubeka). Hy maak haar ’n aantreklik­e aanbod op Donderdag 30 Maart wat sy nie kan weier nie – ’n vet betaaltjek vir sy vryheid. Nina kan nie die reuk van geld weerstaan nie en bel dieselfde dag haar tronkkonta­kpersoon: bewaarder Mthombeni (Carol Behani) – Nina weet die bewaarder is in ’n kwesbare geldelike posisie en kan maklik oorreed word om te help met die belofte van geld. “Mthombeni is ’n tawwe vrou,” verduideli­k Carol, “en haar man is gestremd, daarom is sy gretig om betrokke te raak en hoop om die geld vir fisioterap­ie te gebruik.”

MISLUKTE POGING

Die eerste ontsnappog­ing vind plaas op Woensdag 5 April. Die plan is Lincoln word “siek” (met die hulp van Mthombeni se medisyne) en sy toestand gaan so vinnig agteruit hy moet hospitaal toe geneem word. “Op pad daarheen sal Mthombeni Lincoln help ontsnap,” verduideli­k Carol. Maar daar is ’n probleem en die wagte keer Lincoln by die hekke voor op Donderdag 6 April, en kort voor lank is hy terug in sy sel.

DESPERATE STAPPE

Lincoln besef Mthombeni is sy beste kans op ’n suksesvoll­e ontsnappin­g en hy misbruik haar kwesbaarhe­id op Vrydag 7 April deur persoonlik te raak. “Hy laat toe dat sy by hom in die bed klim en sê vir haar hy sal vir haar sorg. Hy wil haar net gebruik om te kry wat hy wil hê, en dis om te ontsnap,” voeg Carol by. Lincoln is nie onnosel nie en besef sy plan met Mthombeni gaan nie oornag gebeur nie, en hy beraam ’n ander plan. “Dit behels om vriende te maak met die tronk se veiligheid­swagte,” verklap Carol, “maar dit gaan baie geld vereis. Baie meer as net die bewaarder s’n . . .”

 ??  ?? Die vroue wat Lincoln help ontsnap: bewaarder Mthombeni (bo) en Nina. Lincoln gee voor hy is siek as deel van sy ontsnappin­g.
Die vroue wat Lincoln help ontsnap: bewaarder Mthombeni (bo) en Nina. Lincoln gee voor hy is siek as deel van sy ontsnappin­g.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa