TV Plus (Afrikaans)

Ouboet sê nee!

Rendani kry ’n huweliksaa­nbod, maar aanvaar dit nie.

-

Muvhango Weekdae SABC2 (*192) 21:00

Die jong prinses Rendani (Innocentia Makapila) het in 2016 verlief geraak op die weeskind Lwazi (Luzuko Nteleko). Later kry sy skoknuus oor haar ou: Lwazi is MIV-positief gebore en sy moet met die stigma van ’n MIV-positiewe kêrel saamleef. Ondanks haar familie se afkeuring het Rendani en Lwazi hul verhouding voortgesit, en terwyl hy in Mali is vir besigheid verras hy haar met ’n besoek op Maandag 3 April. Maar dis nie ’n vinnige “hallo” nie.

JY KAN NIE

“Lwazi vra Rendani [op Maandag 3 April] die jawoord en wil ook hê Rendani moet saam met hom Mali toe trek,” verduideli­k Innocentia. “Maar Rendani bevind haar tussen die duiwel en die diep blou see, want Lwazi se huweliksaa­nsoek kom op ’n slegte tyd.” Rendani het ’n kulturele rol om in Thathe te vervul. As die jonger prinses moet sy die vorige prinses, Tshianeo (Mulalo Mudau) wat in Februarie 2017 dood is, vervang. Innocentia verduideli­k: “Sy moet Tshianeo se plek inneem en dit beteken sy moet hoofman Azwindini (Gabriel Temudzani) na geleenthed­e vergesel.” Lwazi is verpletter omdat Rendani nie sy aanbod aanvaar het nie.

BESIGE KONINGINBY

Op Dinsdag 4 April weier Lwazi om deur sy meisie in die steek gelaat te word en hy plaas verdere druk op haar. “Lwazi sê vir Rendani as sy hom werklik liefhet, sal sy met hom trou en sy loopbaansk­uif na Mali ondersteun. Maar wat Lwazi nie verstaan nie, is hy wil hê sy moet tussen hom en haar familie kies,” sê Innocentia. Rendani werk ook nou by die familie se boubesighe­id MMC. Innocentia voeg by: “Rendani is in konflik en miserabel. Haar familie sal haar nooit vergewe as sy met Lwazi trou nie.”

TYD OM TE LAAT GAAN

Die persoon wat Lwazi die meeste verag, is Rendani se ouer broer Ndalamo (Lesley Musina). “Hy het nooit van Lwazi gehou en hom nie in die familie aanvaar nie,” sê Innocentia. Op Donderdag 6 April stamp die mans koppe. “Ndalamo konfrontee­r Lwazi en sê vir hom hy moet Rendani laat blom,” sê Innocentia. “Lwazi is verpletter, want hy sou Rendani nooit wou terughou sodat sy onsuksesvo­l is nie.” Op Maandag 10 April is Rendani bekommerd dit kan die einde van haar pad wees. “Hul verhouding ly daaronder en boonop lyk dit of Rendani ’n hoër roeping het – soos hoofraadge­wer. Net die tyd sal leer of die paartjie se weë gaan skei,” verklap Innocentia.

 ??  ?? Rendani se broer Ndalamo steek ’n stokkie voor Lwazi se planne. Lwazi wil hê sy meisie Rendani moet Thathe verlaat en sy vrou word.
Rendani se broer Ndalamo steek ’n stokkie voor Lwazi se planne. Lwazi wil hê sy meisie Rendani moet Thathe verlaat en sy vrou word.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa