TV Plus (Afrikaans)

Liefde in die gim

Romanse kry dubbele oefening by die gim vir twee paartjies.

-

Keeping Score Maandae-Dinsdae SABC2 (*192) 21:30

Dinge raak warm op Dinsdag 4 April wanneer die gim-bestuurder Lehasa (Siyabonga Sepotokele) sy verhouding met die atletiekaf­rigter Odessa (Tahira Seyed) amptelik maak, en die ekspolisie­lid Eshe en die gekwelde atleet Jade (Swankie Mafoko en Gaosi Raditholo) hul gevoelens vir mekaar erken. Maar al is die vier gelukkig, is ander by die gim nie.

VORIGE PROBLEME

Intussen sukkel die gim se medebestuu­rder Botho (Moliehli Makobane) om Eshe en Jade se lesbiese verhouding te aanvaar nadat Botho die paartjie se openbare vertoon van liefde op Maandag 10 April gesien het. Daar is verskillen­de redes hoekom Botho ongemaklik voel oor verhouding­s tussen mense van dieselfde geslag, en die grootste hiervan is haar eksverloof­de en onteerde gimafrigte­r Greg (Jacques Bessenger) het haar vir ’n ander man gelos.

Botho was mal oor die skelm Greg en dit was ’n skok vir haar toe sy in Januarie uitvind hy is gay. Maar wat erger is, is Greg was net verloof aan haar sodat hy toegang tot haar beleggings in die gim kon hê. “Eshe en Jade se verhouding hou vir Botho te veel onaangenam­e herinnerin­gs in,” sê Siyabonga. “Dus vermy sy die vroue sover sy kan.”

SOETE WRAAK

Lehasa flirt graag, daarom veroorsaak sy amptelike verhouding met Odessa woede onder van sy ander belangstel­lings, soos sy baas Justice (Saint Seseli) se jongste dogter, Ashanti (Shalima Mkongo), op Dinsdag 11 April. “Daar was iets tussen hulle sedert hulle ontmoet het,” verduideli­k Siyabonga, maar Lehasa se ma, Mmamosa (Sonia Mbele), het hom verbied om enige van Justice se dogters te date. “Al was Lehasa gehoorsaam aan sy ma het dit hom nie gekeer om met Ashanti te flirt nie – daarom is sy nou gefrustree­rd met Lehasa omdat hy amptelik by iemand anders is,” sê Siyabonga.

Ashanti wil wraak neem en probeer Odessa op Dinsdag 11 April jaloers maak deur met een van Odessa se ekse te gesels – en dit werk. Odessa sien hulle en besef Lehasa moes tevore met Ashanti geflirt het en dis haar wraak – “Lehasa is in groot moeilikhei­d!” terg Siyabonga.

 ??  ?? Lehasa en Odessa (inlas) wat uitgaan, en Eshe en Jade (hooffoto) se verhouding vryf mense verkeerd op.
Lehasa en Odessa (inlas) wat uitgaan, en Eshe en Jade (hooffoto) se verhouding vryf mense verkeerd op.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa