TV Plus (Afrikaans)

SABC2 Ma.-Di. 21:30

- BRIEWE: KEEPING SCORE FIREWORX MEDIA JUTASTRAAT 68 JOHANNESBU­RG 2001

Donderdae SABC2 (*192) 11:00 & 11:30

VERLEDE KEER

Tiny het Viagra gedrink om hom met sy lae libido te help en om sy vrou Mmamosa gelukkig te hou, Odessa het Jade ’n kwaai oefenprogr­am laat volg, en Isaac se moord is onthul.

3 – 4 APRIL

’n Russiese skermkunsb­eoefenaar daag by die gim op om belangstel­lendes te leer skerm, maar Justice is nie seker of dit ’n goeie toevoeging sal wees tot wat die gim reeds bied nie, veral omdat dit nie geld gaan inbring nie. Mmamosa wil haar sekslewe met manlief Tiny verbeter deur skop daaraan te gee en stel seks in die openbaar voor. Tongai en Felleng betrap Tiny en Mmamosa se openbare vertoon van liefde, en later maak Tiny ’n onseker belegging met sy vrou se geld – iets waaroor Tiny se stiefseun Lehasa bekommerd was. Botho luister af hoe Lehasa en Odessa hul gevoelens vir mekaar verklaar, en Eshe vertel Jade hoe sy oor haar voel en hulle besluit om openlik ’n verhouding te hê, wat Botho ontstel.

10 – 11 APRIL

Die nuus van Tiny se hartaanval en ineenstor ting bereik die gim, en Mmamosa begin rou, en dit maak Justice simpatiekg­esind teenoor haar. Jade word weer aanlyn geboelie en sy neem die kommentaar op haar blog persoonlik op – sy oorweeg dit selfs om gimnastiek vir altyd te los. Eshe probeer Jade oorreed om die aanlyn boelies te ignoreer, en die oudpolisie­lid kry ’n plan om die kuberboeli­e te vind deur haar konneksies by die polisiedep­artement te gebruik. Intussen werp Lehasa Justice se besluit om nie skerm by die gim aan te bied nie omver, en die magspel maak Odessa woedend. Later kry Ashanti ’n manier om wraak te neem op Odessa, en Mmamosa neem ’n nuwe stap met haar plan.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa