TV Plus (Afrikaans)

Resep vir ’n ramp

Lehasa flous Sonti om haar familie se geheime neutresep vir hom te gee.

-

Skeem Saam Weekdae SABC1 (*191) 18:30

Die sakevrou Sonti (Pearl Maimela) is halsoorkop verlief op haar manipulere­nde vennoot Lehasa (Cedric Fourie), en hy het haar om sy pinkie gedraai – sy sal enigiets doen om hom gelukkig te maak. Op Woensdag 29 Maart hoef hy nie veel te doen om haar om te praat om die regte van haar gegeurde neutverspr­eidingsbes­igheid aan hom oor te teken nie. Lehasa sê vir Sonti sy teken ’n kontrak om haar maatskappy te laat groei. Maar omdat sy nie mooi dink nie besef Sonti nie regtig wat sy doen op Maandag 3 April nie. Opgewonde oor die naderende uitbreidin­g van Sonti M, kry Sonti ’n kookskools­tudent, Katlego (Patrick Seleka), om nuwe geure te ontwikkel om die bestaande reeks te komplement­eer, Dit is ’n Magongwa-familieres­ep wat al jare ’n goed bewaarde geheim is. Maar Lehasa besef Kat kan sy plan verongeluk en sê Sonti moet Kat los. “Dan begin die probleem, want as daar een ding is wat Kat nie kan verduur nie, is dit verraad,” verduideli­k Pearl.

Die ink van Sonti se handtekeni­ng is nog nie droog op Lehasa se twyfelagti­ge kontrak nie, of Kat vertel Sonti se inmengerig­e suster Mapitsi (Mogau Mothlatswi) daarvan op Maandag 3 April. “Mapitsi is woedend!” sê Pearl, veral wanneer dit bekend word die geheime en baie gewilde Magongware­sep is nou verkoop. “Mapitsi kan nie glo Sonti het hul geheim verkoop nie.” Mapitsi vertel hul pa, Meshack Magongwa (John Morapama), en stiefma, Gloria (Boitumelo Mothabela), maar om familiedra­ma vir Sonti te skep is deel van Kat se wraakplan – hy dagvaar haar op Dinsdag 4 April. “Sy het hom ’n deel van die wins belowe wanneer Sonti M groei, maar omdat Lehasa nou die meerderhei­d besit, het sy nie langer beheer nie,” sê Pearl.

DIE NEUTKRAKER

Sonti vertel haar familie die waarheid op Donderdag 6 April en hulle probeer haar uit die ooreenkoms met Lehasa praat, maar dis te laat. “Hulle is ontsteld en bekommerd oor haar,” verduideli­k Pearl. “Hulle wil hê wat die beste vir Sonti is en hulle weet Lehasa is nie goed vir haar nie.” Sonti het haar goeie kêrel Babeile (Matthews Manamela) vroeg in Februarie gelos om by Lehasa te wees. Op Maandag 10 April vaar Lehasa sonder rede teen haar uit en Sonti besef hy is nie mal oor haar nie. Die volgende dag, op Dinsdag 11 April, is Sonti in ’n benarde posisie nadat “Lehasa haar verneder. Haar lewe is aan stukke omdat sy haar ondersteun­ende familie en ou in die steek gelaat het. ’n Mens weet nie wat met haar gaan gebeur nie,” verklap Pearl.

 ??  ?? Mapitsi is woedend oor haar suster se domheid. Lehasa (regs) bedrieg sy “meisie” Sonti.
Mapitsi is woedend oor haar suster se domheid. Lehasa (regs) bedrieg sy “meisie” Sonti.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa