TV Plus (Afrikaans)

Ontvoerkri­sis vir Nolwazi

Thabiso het Nolwazi waar hy haar wil hê: op ’n mespunt.

-

Generation­s – The Legacy Weekdae SABC1 (*193) 20:00

Die tyd het aangebreek vir die oudgevange­ne Thabiso (Matli Mohapeloa) om sy wraakplan teen sy gewese prokureur Fana (Dumi Mnqobi) uit te voer nadat hy jare tevore tronk toe gestuur is vir verkragtin­g. Thabiso het Fana se meisie Nolwazi (Thando Thabethe) op Dinsdag 21 Maart gyselaar geneem. Matli verduideli­k: “Die lyding het pas begin. Thabiso sal nie ophou nie voordat Fana so verneder voel soos Thabiso toe hy in die tronk was.” Omdat hy op Maandag 3 April weet hy kan enige oomblik vasgetrek word, beplan Thabiso om sy gyselaar ondergrond­s te skuif waar niemand sal dink om haar te soek nie. “Nolwazi is vreesbevan­ge en dink sy gaan sterf,” sê Matli. Maar dis die laaste ding waaraan Thabiso dink – hy het haar nodig om Fana se lewe te ruïneer.

MOORD

Nolwazi gaan ná Dinsdag 21 Maart op ’n eetstaking. Thando sê: “Sy wil hê die marteling moet ophou. Sy dreig om honger te ly todat hy haar doodmaak.” Dit maak Thabiso kwaad, en hy sluit Nolwazi op Dinsdag 4 April in ’n boks toe. “Sy word lewend begrawe en sy weet dit gaan erger word. Al wat sy kan doen, is om te hoop iemand red haar voordat dit te laat is,” verduideli­k Thando. Thabiso is ’n meester van pyn en hy martel haar geestelik op Donderdag 6 April wanneer hy haar lugvoorraa­d lank genoeg afsny om haar paniekerig te maak. Thando voeg by: “Dit is wanneer Nolwazi besef sy leef op geleende tyd – dit kan enkele ure wees voordat sy nie meer lug het nie”.

RAMBO TOT DIE REDDING

Fana is net so paniekerig soos sy meisie en op Vrydag 7 April het sy idees waar om vir Nolwazi te soek opgedroog. “Thabiso plaas ’n kamera in die boks waarin Nolwazi is; hy wil sien hoe sy ly,” verduideli­k Matli. Fana se rekenaarke­nnersuster Namhla (Thulisile Phongolo) vind die kamerasein aanlyn op Maandag 10 April en breek in – sy en Fana kan Nolwazi se gesig sien en Matli sê: “Fana is geskok om sy liefie so te sien en sal enigiets doen om haar te vind.” Namhla begin die kamera volg, maar Matli verklap: “Baie slegte dinge kan gebeur voordat Fana opdaag.”

 ??  ?? Nolwazi word in ’n boks begrawe as deel van haar marteling. Nolwazi dink Thabiso gaan haar doodmaak.
Nolwazi word in ’n boks begrawe as deel van haar marteling. Nolwazi dink Thabiso gaan haar doodmaak.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa