TV Plus (Afrikaans)

Man in die middel

Chardonnay wil Jason hê, Jason wil Kelly hê, en Kelly wil net koes vir die drama in The Game.

-

The Game Seisoen 8 Sondae SABC3 (*193) 18:30 (vanaf 9 April)

Die sportdrame­diereeks The Game (2006-nou) se seisoen 8 begin op die mees dramatiese noot denkbaar – met die NFL-voetbalspe­ler Jason Pitts (Coby Bell) se vrou Chardonnay (Brandy Norwood) wat uit die kerk storm en die Pasgetroud-banier van die kar afruk. Dit nadat haar man tydens die seremonie om hul huweliksbe­loftes te hernu aan die einde van seisoen 7 (24 Maart 2017) verklaar het hy is nog lief vir sy eksvrou, Kelly (Brittany Daniel). Maar die spelers kan by Chardonnay leer hoe om ’n aggressiew­e terugkeer te maak ná ’n rowwe eerste helfte! Skuif dus reg vir die liefdesdri­ehoekdrama en Chardonnay se snaakse skeipartyt­jie in episode 6 (14 Mei).

VERSOEN OF NIE?

Is daar enige kans dat die gunsteling­paartjie Jason en Kelly weer by mekaar gaan uitkom? “Sommige mense wil regtig hê Kelly en Jason moet saam wees. Ander wil weer hê hy moet by Chardonnay bly, dus weet ek nie,” lag Brittany. “Wanneer jy regtig lief is vir iemand, kom jy nie sommer oor die persoon nie. Veral wanneer julle ’n kind het en wanneer julle ’n lewe saam gedeel het. Dis nie soos ’n vuur wat geblus word nie. Ek dink Jason en Kelly sal altyd lief wees vir mekaar. Ons moet wag en sien of hulle die seisoen versoen raak. Maar ek dink nie Kelly sal hom gou terugneem nie,” voeg Brittany by. “’n Man moet baklei vir die vrou wat hy wil hê.”

DIE ANDER VROU

Chardonnay gaan egter nie maklik die aftog blaas nie. “Chardonnay is ‘op hol’ en haar emosies is in ’n warboel,” vertel Brandy. “Sy was voor die kansel, besig om haar liefde aan Jason te verklaar en om haar gevoelens vir hom van haar toespraak af te lees – en dan sê hy vir haar hy’s steeds lief vir sy eksvrou, Kelly. Sy het net daar uitgestorm . . . hoe kom ’n mens terug van so iets? Sy is steeds lief vir Jason. Haar gevoelens gaan nie net weg nie, dis nie hoe dit werk nie,” sê Brandy.

Laat die wedstryd dus begin!

 ??  ?? Agter (van links): Chardonnay, Jason, Kelly, Keira (Lauren London) en Blue (Jay Ellis). Voor: Malik (Hosea Chanchez) en Tasha (Wendy Raquel Robinson).
Agter (van links): Chardonnay, Jason, Kelly, Keira (Lauren London) en Blue (Jay Ellis). Voor: Malik (Hosea Chanchez) en Tasha (Wendy Raquel Robinson).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa