TV Plus (Afrikaans)

Geheime en leuens

Twee families, een groot geheim en hope drama wag.

-

Sara Se Geheim Seisoen 1 kykNET (*144) Dinsdae 20:00 (vanaf 11 April)

Sara Se Geheim, ’n boeiende nuwe dramareeks van 13 episodes op kykNET, vertel die verhaal van twee families in Kaapstad: een woon in Athlone en die ander in Durbanvill­e. Hoewel hulle oënskynlik wêrelde van mekaar verwyder is, word hulle deur een faktor verbind: ’n leuen wat reeds 30 jaar deur Sara (June van Merch) verswyg word. “Ma’s bewaar baiekeer groot geheime om hul kinders te beskerm, maar op die ou end rig dit meer skade aan en die waarheid kom altyd uit,” sê Roberta Durrant, kreatiewe vervaardig­er van Sara Se Geheim.

SOEKE NA IDENTITEIT

Die tema van leuens en waarheid is regdeur die reeks vervleg, maar die soeke na identiteit is eintlik die hooftema, verduideli­k Roberta. Hoewel Sara Se Geheim twee stories het wat hand aan hand loop, handel die reeks eintlik oor drie gesinne: die Cloetes, die Kiewietse en die Vermeulens. Hierdie geheim snoer al drie gesinne saam en wanneer dit onthul word, het dit verreikend­e gevolge op al drie gesinne. Maar dit is nie net Sara wat ’n groot geheim wegsteek nie: in die eerste episode kom dit reeds al aan die lig haar dogter Maggie (Lee-Ann van Rooi) en Johan Vermeulen (Dawid Minnaar) lewe ook elkeen ’n leuen.

“Die reeks strek oor kultuurgre­nse en ’n paar geslagte. Een van die storielyne betrek ’n universite­itskampus waar onderwerpe soos ontgroenin­g en verkragtin­g ter sprake kom. ’n Ander storielyn speel af op ’n wynplaas buite Stellenbos­ch, waar die karakter Ma (Margot Luyt) stoksielal­leen boer. Maar die drama is nie net swaar en donker nie maar word met komiese momente opgehelder,” vertel Roberta.

GROOTSTE SPANPOGING

Die verfilming van Sara Se Geheim het in November verlede jaar in die WesKaap begin, maar die ontwikkeli­ng en voorproduk­sieproses kom al ’n lang pad. Volgens Roberta is die saadjie vir die reeks sowat drie jaar gelede geplant toe kykNET na ’n idee vir ’n nuwe telenovell­e gesoek het. “Tydens ’n dinkskrum met ’n groep skrywers het die idee ontstaan om ’n storie oor twee gemeenskap­pe te skryf,” sê Roberta.

Sara Se Geheim is ’n reusespanp­oging – 16 skrywers het saamgespan met die teksontwik­keling, en Justine Loots, Margaret Goldsmid en Tristram Atkins het die storielyne geskryf. David Isaacs, Liezl Spies en Mia Breet het die regie behartig.

Die grootste uitdaging was om die verfilming in ’n kort tydjie (sowat nege weke) en met ’n beperkte begroting af te handel, sê Roberta. “Maar ons was gelukkig, want ons het in die lente verfilm en die wispelturi­ge Kaapse weer het baie mooi saamgespee­l.”

 ??  ?? Sara (regs, June van Merch) in gesprek met Nicola (Natania van Heerden).
Sara (regs, June van Merch) in gesprek met Nicola (Natania van Heerden).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa