TV Plus (Afrikaans)

Familievet­e

Randy Orton het Bray en die nuwe Wyatt-familie die rug toegekeer – en hulle gaan oorlog toe by WrestleMan­ia 33!

-

WWE Pay-Per-View Special: WrestleMan­ia 33 Sondag 9 April e.tv (*194) 12:30

Wat is die sterkste: slanggif of swartkuns? Fans gaan uitvind by WrestleMan­ia 33 wanneer Randy (The Viper) Orton en Bray Wyatt mekaar pak met die oog op Bray se WWEkampioe­nskapsbelt.

VENYNIG MET ’N HOOFLETTER V

Sedert Randy laat in 2016 teruggekee­r het ná sy skouerbese­ring is hy meer gewelddadi­g. Hy is in top-vorm in die kryt met sy wedstryd-RKO-eindbewegi­ng, en buite die kryt met sy kopspeletj­ies. Plus, laat in Februarie het hy die Wyatts se gewyde grond ontheilig deur suster Abigail se skuur [die bron van Bray en die Wyatt-familie se geloofsoor­tuigings] af te brand. “Jy was die meester, ek die student,” het Randy yg gegrynslag­g y g toe hy die skuur aan die brand steek. “Maar toe die tyd reg was, het ek toegeslaan! Ek stuur Abigail se onheilige siel na die hel vir verdoeming! Ek het net by jou aangesluit om jou van binne uitmekaar te skeur!”

WAARDIGE TEENSTANDE­R

Bray is ook nie ’n lamsak wat fisieke en geestelike slae uitdeel betref nie – sy Suster Abigail-beweging is een van die effektiefs­te en ’n goeie teëvoeter vir Randy se RKO. Maar dat sy “broer” Randy teen die Wyatts gedraai het, het Bray verras. Hy het sy “broer” Luke Harper vertel “die slang [Viper – Ran- dy] is die simbool van verraad. Ek weet wat ek moet doen. En ek sal, vir suster Abigail.”

AFWAGTING

Randy en Bray se kragmeting is nie die hoofgeveg by WrestleMan­ia 33 nie (lees hieronder vir meer nommers), maar beslis die grootste volgens stoeikenne­rs. DailyDDT.com se Adam O’Brien sê: “Dit was ’n skouspelag­tige wedywering, een waarin Wyatt onvoorsien­e hoogtes bereik het.”

 ??  ?? Bray Wyatt sal Randy Orton probeer breek omdat hy hom verraai het.
Bray Wyatt sal Randy Orton probeer breek omdat hy hom verraai het.
 ??  ?? Bray het die volle krag van Randy se RKO gevoel.
Bray het die volle krag van Randy se RKO gevoel.
 ??  ?? Randy het sy vete met die Wyatts aan die brand gesteek.
Randy het sy vete met die Wyatts aan die brand gesteek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa