TV Plus (Afrikaans)

Klavierkui­ers

Seisoen 1 VIA (*147) Vrydae 20:00 Leefstyl

-

Die Boykie van Brackenfel­l, alias Pedro Kruger, kuier, klets en maak musiek saam met gewilde kunstenaar­s in Klavierkui­ers Met Pedro.

“Ek het sangers vir wie ek ongeloofli­ke respek het – ook vir hul menswees – met die hand uitgesoek. Die kykers ken hulle dalk as celebs, maar ek ken hulle as mense, en ek hoop om die kollig te laat skyn op hierdie aspek van elke gas,” sê Pedro.

Wat is die aard van die program?

Die inhoudsver­vaardiger en ateljee-regisseur Hennie van Greunen het navorsing oor elkeen van my gaste gedoen, en ek het ’n persoonlik­e verhouding met almal, daarom is die gesprekke redelik intiem. Dit word aangevul met persoonlik­e foto’s en stories oor hul familie, vriende en ander geliefdes – wonderlike staaltjies. Ek sit ook heeltyd agter die klavier, en ons sing die liedjies wat die betrokke musikant gewild gemaak het saam.

Wat was vir jou die grootste uitdaging om die reeks aan te bied?

Omdat ek so lief is vir kuier en gesels is dit uiters moeilik om die kuier en die liedjies in 30 minute in te pas!

Stamp jy en Hennie ooit koppe oor die struktuur of keuse van gaste?

Deur die jare het ek en Hennie geleer wie is beter met wat en so verdeel ons die werk volgens elkeen se sterk punte. Ons respek vir mekaar en omdat ons albei op die gehalte van die eindproduk fokus, maak van ons ’n gedugte span.

Jy het naam gemaak as akteur in Proesstraa­t (2010). Enige kanse van nuwe TV-rolle?

Ja, ek speel binnekort in seisoen 2 van kykNET se dramareeks Die Boekklub, wat vanaf 11 Julie uitgesaai word. Ek is ’n groot aanhanger van die reeks en dit was so lekker om die rol te speel, dit was soos tjoklit-eet!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa