TV Plus (Afrikaans)

The Story Of God

Seisoen 2 National Geographic (*181) 20:05 Dokkie

-

Die akteur Morgan Freeman word beskou as “die god van fliekverte­lling”, daarom is dit gepas dat hy terugkeer vir seisoen 2 van die ondersoeke­nde dokkiereek­s The Story Of God (2016-nou). “Daar is drie hoofonderw­erpe wat ons [die seisoen] gaan ondersoek en dit alles het met ons en God te doen – die dood, verlossing en ’n vorm van reïnkarnas­ie wat ons aanvaar, wat die idee is van wat gebeur wanneer ons sterf en waarheen ons gaan,” sê Morgan.

Die seisoen van drie episodes volg die 79-jarige om die wêreld na Egipte, Indië en Tibet, waar “(die spits van) geloof begin het”. Morgan voeg by: “Ons soek vir gemeenskap­likhede, basies binne religieë, en dan is daar al die idees wat mense wat lewe, hulself afvra. ‘Wat gebeur wanneer ek doodgaan? Moet ek goed wees, of is dit oukei as ek boos is? Hoe lyk God?’ Ons het die idees verken in verskillen­de gelowe regoor die wêreld.”

Die reeks kyk nie net na groot gelowe nie, maar ook na ander geloofstel­sels en die diegene wat dit lei, soos in episode 1 wanneer Morgan meer uitvind oor mense wat hulself as “gekose” beskou – werktuie wat deur hul gode gekies is om die gemeentes te lei. In episode 2 (9 April) vind die span uit hoe verskillen­de religieë die wêreld ná die dood beskou, sowel as hoe gelowe besluit oor goed en sleg. In die slotepisod­e 3 (16 April) vra Morgan mense op straat hoe hulle glo wanneer daar geen definitiew­e bewys is dat God bestaan nie. En al wou die vervaardig­ers die onderwerp vermy, sê Morgan: “As jy oor God en die hemel gaan praat, sal jy oor boosheid ook moet praat. Ons het gewonder oor die bestaan van die bose en hoekom dit hier is.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa