TV Plus (Afrikaans)

Devious Maids

Seisoen 2 e.tv (*194) 20:30 Drama

-

Fans wat ál vier seisoene van Devious Maids (2013-2016) gesien het en na die uitsending op e.tv kyk om hul geheue te verfris, dink hulle weet alles van die donker komedie. Maar hulle gaan hul misgis – daar is steeds ’n paar versteekte geheime wat die Beverly Hills-herehuise van rykes en beroemdes teister en vir die snuffelend­e werkers wag!

Dis gegrond op ’n Mexikaanse telenovell­e, Ellas Son la Alegria Del Hogar (2009-2012), wat beteken “hulle is die vreugde van die huis”. Hoewel die Desperate Housewives(2004-2012) skepper Marc Cherry en Eva Longoria (Gaby in Desperate Housewives) dit geskryf het as ’n uitvoerend­e vervaardig­er, is dit deur DH se netwerk ABC oorsien en Lifetime het dit opgeraap. Gina Rodriquez (Jane in die komedieree­ks Jane The Virgin (2014nou) wou nie in Devious Maids speel nie, want sy dink “dis vernederen­d vir Latyns-Amerikaner­s”. Rosalyn Sanchez hoef nie klavier te leer speel het of hoe om vir haar rol te sing as die aspirant-sanger wat die werker Carmen geword het nie – sy tree al van sy tien is in musiekuitv­oerings op. Grant Show (die sepieakteu­r Spence Westmore in die reeks) is die rykste van die sterre – sy netto waarde is sowat R880 miljoen. Hy is al sedert die 1980’s en 90’s op TV in reekse soos Melrose Place (1992-1999) en het in eiendomme in en om Los Angeles belê. Ana Ortiz (as Marisol) skerts sy was nie ’n fan van haar karakter se vaal seisoen 1-uitrusting­s nie en dra steeds “my gunsteling-opstootbra daaronder. Ek het geweier om dit ‘af te skaal’ – en niemand het geweet nie”.

 ??  ?? Die huiswerker­s (van links): Carmen, Valentina, Marisol, Rosie en Zoila.
Die huiswerker­s (van links): Carmen, Valentina, Marisol, Rosie en Zoila.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa