TV Plus (Afrikaans)

Weg! Agterpaaie

Seisoen 2 VIA (*147) 20:00 Leefstyl

-

Die Weg!-joernalist­e Erns Grundling en Toast Coetzer versamel met elke nuwe reis nuwe herinnerin­gs, stories en vars inligting – hulle reis die seisoen van Weg! Agterpaaie deur die Karoo en was met die vorige een in Namibië. Hulle leer ook nuwe moets en moenies vir ’n gerieflike langpadrei­s. Erns vertel van ’n paar nuwe uitdagings en wedervarin­ge op hul jongste reis deur die Karoo.

Het julle ander toerusting en artikels vir die Karoo saamgeneem as vir Namibië?

Ek het weer my kitaar ingepak, en Toast het sy bergfiets en kriekettoe­rusting ingepak wat nie Namibië toe was nie. Ons het albei aan ’n krieketwed­stryd op Springfont­ein (episode 7) deelgeneem. Ons het in die Karoo meestal op gasteplase en in ’n paar dorpshotel­le gebly, maar vir die slotepisod­e het ons ook kampeertoe­rusting ingepak.

Wat sal jy volgende keer inpak wat jy nie dié keer Karoo toe saamgeneem het nie?

Groter klere, want die hoeveelhei­d skaapvleis en skuinskoek wat jy eet, laat jou beslis ’n paar ekstra kilogram optel. In die Karoo sê jy nie nee vir ‘seconds’ nie. Dis baie, baie slegte maniere.

Julle is al twee dekades lank vriende, en werk en reis al sewe jaar saam. Het julle ooit verskille op die langpad?

Ek en Toast sit baie selde vas. Hy’s ’n beter bestuurder as ek en raak soms nukkerig as ek te vinnig ry of onseker is oor ’n driepuntdr­aai. Hy is meestal reg, daarom verduur ek dit maar, en ons grap gou-gou weer oor iets langs die pad.

Wanneer het jy die meeste vir hom gelag?

In episode 10, toe Toast in die dam buite Vanwyksvle­i wou gaan swem. Dit was amper leeg, behalwe vir ’n paar kolle modderwate­r. Hy was van kop tot tone vol klei, soos ’n soort Loch Ness-monster van die Karoo!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa