TV Plus (Afrikaans)

My DroomTrour­ok

Seisoen 5 Woensdae VIA (*147) 17:30 Leefstyl

-

Daar is geen keer aan die Suid-Afrikaanse ontwerper Diaan Daniels (37) nie. Die vyfde seisoen van sy TV-program, My Droom-Trourok (2015-nou), waarin bruide die geleenthei­d kry om hul sprokies-uitrusting verniet op hul groot dag te dra, begin vandag. Tussen die ontwerp van sy eie kantmateri­aal en manskoene het Diaan tyd gemaak vir ’n vinnige geselsie met tvplus.

Vyf seisoene is ’n groot mylpaal!

Ek het dit glad nie verwag nie, en wil veral dankie sê vir die tannies en oumas, want dis hulle wat hul dogters, seuns en selfs kleinkinde­rs na die program laat kyk. Ek ontvang daagliks toekomstig­e bruide en hul familie wat graag op die program wil wees, of wat kom dankie sê dat daar so ’n platform is om ons Suid-Afrikaanse ontwerpers se talent met die land te deel. Ek hoop ons is nog jare op die kassie, soos Johan Stemmet van Noot Vir Noot [1991-nou]!

Wat kan ons van die nuwe seisoen verwag?

Hoe verander jy ’n wenresep? Ons streef altyd daarna om nuwe ontwerpers op die program bekend te stel, en daar sal ’n paar nuwe gesigte uit die skoonheids­bedryf wees om die bruide mooi te laat lyk. Jy kan trane, lawwighede en baie mooi ontwerpe verwag.

Wat is jou gunsteling­deel van die program?

Die blapse wat aan die einde gewys word. Daar kan kykers sien ek is net ’n Vrystaatse boertjie wat vloek soos ’n matroos, maar dis wie ek is. Omdat ek myself is, dink ek dit laat die gaste ook gemaklik voel op stel.

Wat is die grootste blaps wat jy al gemaak het?

In die vorige seisoen moes ek ’n bruid vang wat flou geword het. Maar gelukkig oefen ek vir sulke dinge, dus was dit nie so ’n groot blaps nie. My arms het gehou!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa