TV Plus (Afrikaans)

Prime Suspect 1973

Seisoen 1 ITV Choice (*123) 20:00 Aksie

-

Prime Suspect (1991-2006) het ’n hoë standaard vir Britse misdaaddra­mas gestel, danksy Helen Mirren as Jane Tennison – een van die eerste vrouespeur­ders en hoofinspek­teurs in die Groter Londen se polisiedie­ns. ’n Dekade later gaan ons die vroeër jare in Jane se loopbaan beleef in die voorloperr­eeks Prime Suspect 1973 (2017-nou), met Stefanie Martini wat die rol in die eerste seisoen van ses episodes vertolk.

“Dit het waarskynli­k gehelp dat ek niks van die oorspronkl­ike reeks geweet het toe ek die rol gekry het nie,” skerts Stefanie. Die 26-jarige voeg by: “Ek het nie besef hoe belangrik ’n vrou in so ’n gesagsposi­sie in die gemeenskap was nie. Uiteraard was dit waardevol om te gaan kyk hoe Helen haar vertolk het en om te sien wie Jane later in haar loopbaan was, maar dit was my taak om uit te vind hoe sy daar gekom het. Sy is briljant en vasberade en het haar eie manier van dink oor dinge.”

Aanhangers van die ouer Jane kan dalk ietwat ongemaklik voel oor haar jonger weergawe, want sy’s nie so vol selfvertro­ue as wat ons haar leer ken het nie, maar Stefanie voeg by: “Prime Suspect 1973 kan op geen manier ’n baanbreker­reeks soos die oorspronkl­ike een wees nie. Vandag is Jane een van vele vrouespeur­ders op TV, en baie programme raak die brandpunte aan soos in Prime Suspect gedoen is.”

Wat kan kykers dus verwag? Jane woon nog by haar ouers, probeer by die grootmensl­ewe aanpas, en kry te doen met wetsoortre­ders in die samelewing en depressie in die werkplek. Op 22 word sy aan die diep kant ingegooi met haar eerste moordsaak, en Stefanie sê: “Mense sal sien hoe Jane ontwikkel en die ‘ou’ Jane word.”

 ??  ?? Helen Mirren as Jane Tennison.
Helen Mirren as Jane Tennison.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa