TV Plus (Afrikaans)

Modern Family

-

Die uiteenlope­nde Pritchett-Dunphyfami­lie word ouer, wyser en die kinders word groter in seisoen 6 van die sitkom Modern Family (2009-nou). Maar dit beteken nie hul manewales is minder skreeusnaa­ks nie, soos hierdie vyf situasies wat gaan opduik . . .

1 Episode 2 (16 April) Jay (Ed O’Neill) gee sy trofeevrou Gloria (Sofía Vergara) ’n kleihasie wat hy vir haar vir hul herdenking gemaak het. Hou haar gesig dop wanneer sy dit op die vloer stukkend gooi en besef daar’s geen diamantrin­g of halssnoer binne in nie!

2 Episode 6 (14 Mei) Vergeet van bruid-zilla – Claire (Julie Bowen) word Halloween-zilla om die kompetisie vir die spokerigst­e huis in die straat te wen. Maar pleks van bloed wat op die lekkergoed­soekers reën, wil Claire se man, Phil (Ty Burrell), eerder reënboë, eenhorings en sterretjie­s sien.

3 Episode 9 (4 Junie) Die trendy Mitch en Cam (Jesse Tyler Ferguson en Eric Stonestree­t) kry ’n spierwit rusbank en verbied hul dogter, Lily (Aubrey Anderson-Emmons), en enigiemand anders om daarop te sit. Maar dan kom Mitch se daklose kollega kuier en maak die bank summier haar bed, tot hul afgryse.

4 Episode 16 (23 Julie) Die aanlyn Skype-diens neem oor wanneer Claire op die lughawe gestrand is, en dit gebruik om met haar gesin in verbinding te tree ná ’n rusie met haar eiewyse oudste kind, Haley (Sarah Hyland). 5 Seisoenfin­aal, episode 24 (17 September) Phil is uitstedig vir sake, maar hy maak ’n plan om sy dogter Alex (Ariel Winter) se hoërskoolg­radeplegti­gheid te kan meemaak: RoboPhil. Phil stuur die robot wat vir hom videomater­iaal versend in sy plek, maar dan sit RoboPhil in die badkamer vas.

 ??  ?? Daar’s altyd ’n ramp met die klomp van Modern Family in die omtrek.
Daar’s altyd ’n ramp met die klomp van Modern Family in die omtrek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa