TV Plus (Afrikaans)

Nou’s dit oorlog

Vince en Cecile se bakleiery oor hul seun duur voort.

-

7de Laan Weekdae SABC2 (*192) 18:00

Vince (Jacques Blignaut), sjef by die Beleef-kosemporiu­m, werk die laaste ruk hard saam met sy prokureur, André (Marcus Muller), om die toesigsaak oor sy seun, Christophe­r, so sterk moontlik te maak. Maar dan maak die slinkse Cecile (Chantal Stanfield), die ma van die kind en Vince se eks, op Woensdag 12 April ’n aanbod aan Vince wat sake dalk weer deurmekaar kan krap.

STOK IN DIE WIEL

Die stoom blaas behoorlik uit Vince se ore wanneer hy en André die oggend van Woensdag 12 April koppe bymekaarsi­t oor moontlike uitlokkend­e vrae wat Lesedi (KB Motsilanya­ne), Cecile se uitgeslape prokureur, Vince in ’n hofsaak-scenario kan vra.

“Die saak is baie persoonlik vir Vince,” sê Jacques. “Hy kan moeilik sy woede beteuel, want hy voel hy is ingedoen deur Cecile, wat Christophe­r al die jare van hom weggehou het.” Vince het in 2008 uitgevind hy het ’n seun en het hom weer in 2015 probeer opspoor.

Tog verstaan Vince hy sal onder kruisverho­or vrae moet beantwoord en hy sal kalm moet bly, want sy uitbarstin­gs kan hom in ’n negatiewe lig stel.

Ná die vergaderin­g met André voel Vince hy is so goed voorbereid op die toesigstry­d as wat hy kan wees – die saak sal eers hof toe gaan as die mediasiepr­oses, wat nou voorlê, nie suksesvol verloop nie.

Maar dan kom steek Cecile ’n stok in die wiel. Sy daag onverwags net voor toemaaktyd by Beleef op, waar Vince en sy halfbroer Justin (Dann-Jacques Mouton) sit en gesels.

“Vince is dadelik op sy perdjie,” vertel Jacques. “Maar hy is stomgeslaa­n wanneer Cecile haar aanbod maak: Vince kan Christophe­r sien – mits hulle weer ’n paartjie word.”

Die aanbod verander alles, voeg Jacques by. Skielik word Vince voor ’n keuse gestel tussen sy vrou, Bonita (Hildegardt Whites), en sy verlore seun, Christophe­r – dis ’n baie moeilike plek om te wees.

DIE REGTE ROETE?

Vince kies om eerder om die regsroete te volg, en die dag van die mediasie breek op Vrydag 14 April aan. “Dis net Vince, Cecile en ’n maatskapli­ke werker om ’n tafel en die spanning loop hoog,” vertel Jacques.

Cecile speel dwarsdeur die proses die slagoffer, en op die ou end kan hulle nie tot ’n vergelyk kom nie.

Dit beteken dis hof toe vir Vince en Cecile en hul prokureurs André en Lesedi op Dinsdag 18 April. Dit gaan nog ’n bitter stryd word.

 ??  ?? Vince wil graag deel van sy seun se lewe wees, maar sy eks, Cecile (inlas), maak dit vir hom moeilik.
Vince wil graag deel van sy seun se lewe wees, maar sy eks, Cecile (inlas), maak dit vir hom moeilik.
 ??  ?? Bonita.
Bonita.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa