TV Plus (Afrikaans)

Ruiterbosc­h treur

Suidooster is leeg sonder Jerome.

-

Suidooster Ma.-Do. kykNET (*144) 18:00 en kykNET & kie (*145) 20:00

Ons almal herstel nog ná die skok van Jerome (Danny Ross) se dood en sy begrafnis op Donderdag 6 April. Dis duidelik die leemte wat hy agterlaat is groot, en sy familie en vriende sukkel om aan te beweeg. Tvplus het medelye gaan betoon en navraag gedoen oor hoe die mense naaste aan hom probeer om die stukke op te tel noudat hy nie meer daar is nie.

DIE LEWE NÁ JEROME

Ons was aanvanklik die meeste bekommerd oor Mymoena (Jill Levenberg) ná die gru-ongeluk waarin sy en Jerome betrokke was op pad na Bianca (Simone Biscombe) se bevalling op 16 Maart. Mymoena is nog in ’n koma en ons is onseker of sy ooit daaruit sal ontwaak.

Maar Jerome het gelyk of hy relatief ongeskonde daarvan afgekom het. Min het ons geweet hy is gelaat met ’n breinaneur­isme, wat op Donderdag 30 Maart sy dood veroorsaak het.

Daar is niemand wat ná Jerome se dood meer agteruitga­an as sy ma, Bridgette (Denise Newman), nie. Haar suster, Lee-Ann (Portia Joel), probeer op Woensdag 12 April na haar uitreik, maar Bridgette weier om haar ware emosies te wys.

“In tipiese Bridgette-styl het sy dit waardig hanteer en alles was in goeie smaak. Sy’s teen die grond, maar probeer vir die wêreld wys sy is sterk,” sê Denise.

En as jy gedink het die Octoberfam­ilie sou bymekaarko­m en mekaar ná die dood in die familie ondersteun, het ons nuus vir jou! Vir Jerome se suster, Nicci (Gerwen Simon), raak dinge te veel, en sy lig haar ouers op Donderdag 13 April in sy gaan Ruiterbosc­h verlaat.

“Sy wil van voor af begin. Haar lewe was die afgelope paar

KITSFEITE! Jerome se begrafnis is in Februarie vanjaar by die Durbanvill­e-begraafpla­as verfilm (sepies skiet gewoonlik drie maande vooruit). “Ons het dit deur die munisipali­teit gedoen, ’n gat gegrawe en ’n begrafniso­ndernemer vir sy dienste betaal,” vertel Suidooster se publisitei­tsbeampte, Wilmer Müller. Jerome se graf gaan ook ’n steen kry. MOENIE MISLOOP! Lees meer in ons volgende uitgawe van 26 April waarom Danny die sepie verlaat het.

 ??  ?? Mrs. J en Nicci rou by Jerome (onder) se begrafnis.
Mrs. J en Nicci rou by Jerome (onder) se begrafnis.
 ??  ?? Mr. J ondersteun ’n emosionele Nicci by Jerome se kis.
Mr. J ondersteun ’n emosionele Nicci by Jerome se kis.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa