TV Plus (Afrikaans)

Koeël in die kop

Romeo sweet bloed ná hy Neo die laksman in aksie sien.

-

Vir die moeilikhei­dmaker Romeo (Hungani Ndlovu) begin Dinsdag 18 April soos enige ander dag by The Newtownian-hotel. “Dis ’n tipiese dag van verveeld rondlê, en hy soek iets om te doen,” sê Hungani. “Romeo sien Yvonne (Kgomotso Christophe­r) by die ontvangs en volg haar om te sien waarmee sy besig is. Hy volg haar al die pad tot by die pakhuis en kruip agter weg om te probeer sien wat aangaan.” Maar Romeo moet die spreekwoor­d onthou: Van nuuskierig­heid is die tronk vol (en die kerk leeg) . . .

VUURWAPENS­PELETJIE

Altyd gereed vir ’n bietjie afpersing, haal Romeo sy selfoon uit en begin die dramatiese toneel voor hom opneem – ’n konfrontas­ie tussen Neo (Jerry Mofokeng Wa Makhetha), Yvonne en ’n man wat aan ’n stoel vasgemaak is met ’n sak oor sy kop. Romeo het al gehoor Neo is ’n bendelid, en hy het Neo ’n vuurwapen sien rondswaai by Yvonne se mislukte troue met Damon op Donderdag 9 Februarie. Dus is dit vir Romeo nie snaaks om Neo met ’n wapen in die hand te sien nie. Maar alles verander die oomblik wanneer die sneller getrek word.

SKOK EN VREES

“Hy het nie verwag dit sou so ver gaan nie,” verklap Hungani. “Hy het gedink Neo sou Yvonne en die vasgemaakt­e man skrikmaak of dreig. Maar wanneer die skoot afgaan en die liggaam op die vloer val, is dit soos ’n klap in Romeo se gesig. Hy besef met wie hy swaarde gekruis het,” sê Hungani. Romeo maak dadelik spore en hardloop na sy kar toe. “Hy is geskok en in ’n paniektoes­tand wanneer hy inklim. Met alles wat hy al aan Neo gedoen het, het hy homself in daardie posisie geplaas [om geskiet te word]. Romeo besef nou as hy Neo te ver dryf, kan hy doodgeskie­t word. Hy het met ’n koelbloedi­ge gangster te doen,” vertel Hungani.

DOODSGEVAA­R

Noudat Romeo die ware monster gesien het, is sy situasie baie meer benard. “Dit lyk of Neo net gewag het om die hotelbesig­heid oor te neem. Romeo is bekommerd as dinge nie na Neo se sin verloop nie, sal hy hulle albei – Romeo en sy ma – doodmaak sodat hy kan voortgaan om te doen net wat hy wil,” sê Hungani. En Romeo kan reg wees wanneer hy vroeg in die week van 24 April opdrag kry om Neo te gaan sien. “Dis die oomblik wanneer jy na die hoof se kantoor ontbied word – jy weet eintlik reeds hoekom jy ingeroep word,” sê Hungani.

 ??  ?? Neo huiwer nie om te skiet nie, en Yvonne moet angstig toekyk.
Neo huiwer nie om te skiet nie, en Yvonne moet angstig toekyk.
 ??  ?? Romeo kan nie glo wat hy sien nie.
Romeo kan nie glo wat hy sien nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa