TV Plus (Afrikaans)

Man met ’n missie

Themba span saam met Niki om Suffocate en Puleng uitmekaar te hou.

-

Themba (Sphamandla Dhludhlu) se lewe is in ’n gemors en hy wil dit regstel deur die waarheid te vertel. Hy het op Vrydag 7 April opgedaag om vir sy skoonsuste­r Puleng (Tebogo Khalo) te sê hy is nie die pa van haar ongebore kind nie, maar sy broer Suffocate (Mduduzi Mabaso) is. Hy weet dis die regte ding om te doen – hy neem homself kwalik dat hy Puleng se huwelik met sy broer geruïneer het, sê Sphamandla. “Themba is in Puleng se slegte boekies,” voeg Sphamandla by, maar hy is halsoorkop verlief op Puleng. Nie Puleng of Suffo wil Themba naby hulle hê nie, en dit maak ’n ontmoeting van aangesig tot aangesig met Puleng onmoontlik. Dan gesels Themba met Suffo se konkelende eksvrou, Niki (Nolo Phiri), wat op Woensdag 12 April ’n plan het wat kan beteken Themba sal nooit ’n eerlike gesprek nodig hê nie en tog die meisie van sy hart wen.

SENDING SUFFO

Niki weet as Themba die waarheid vertel dat hy nie die pa is nie, sal dit haar kanse bederf om terug te gaan na Suffo en dis iets wat sy graag wil hê. Niki weet ook Themba is huiwerig om Puleng die waarheid te vertel “want hy het ’n obsessie oor haar en wil ’n gesin saam met haar begin”, sê Sphamandla – en om te onthul Suffo is die pa sal Puleng reguit na manlief Suffocate stuur. Daarom verkoop Niki “die droom” aan Themba: Hulle bewaar die vaderskapg­eheim en Themba kry sy liefie. Niki het Themba met haar plan oorreed: “Themba sal nie verdwyn totdat hy Puleng het nie. Hy is bereid om vir Puleng te veg en sy verhouding met Suffo te vernietig,” sê Sphamandla.

EIE AGENDA

Maar Niki sorg net vir haarself, en op Donderdag 13 April besoek sy Suffo om hom te “ondersteun” noudat Themba in die dorp is. “Niki weet Suffo kan nie sy broer se teenwoordi­gheid verduur nie en sy bied haar hulp aan,” verduideli­k Sphamandla. Niki raak gesellig by Suffo en op Vrydag 14 April spog sy daaroor by Puleng. Daar is geen keer aan Niki nie en op Donderdag 20 April lieg sy vir Suffo oor Puleng en Themba se “verhouding”. “Vir Niki is dit net ’n speletjie. Sy speel met almal se lewe om haar sin te kry,” sê Sphamandla. Maar ’n mens hou nie altyd van dit wat jy kry nie.

 ??  ?? Niki oorreed Suffo om van Puleng af te sien. Themba probeer ’n plekkie in Puleng se hart kry.
Niki oorreed Suffo om van Puleng af te sien. Themba probeer ’n plekkie in Puleng se hart kry.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa