TV Plus (Afrikaans)

Sepies in die VSA

-

BOLD

Quinn en Eric geniet hul Australies­e wegbreek, en Ivy en Steffy poseer vir ’n fotosessie by die Sydney-operahuis. Sally se gevoelens vir Thomas belemmer haar rol in die plan om Forrester-ontwerpe te steel. Ridge het ’n openhartig­e gesprek met Brooke voordat hy saam met Steffy in die paadjie afloop by haar en Liam se troue, en Steffy vertel Thomas wat sy van hom dink omdat hy Sally as sy metgesel troue toe gebring het. Wyatt is dikmond by die geleenthei­d, Brooke en Eric gaan op ’n herinnerin­gsreis, en Quinn en Ridge besluit om hul affair te beëindig voordat Ridge weer met Brooke trou.

DAYS

Adrienne ondergaan ’n dubbele mastektomi­e, en Steve en Kayla soek steeds na die verlore seun wat Steve by Ava gehad het. Julie is woedend wanneer sy sien Eli vorm ’n band met Gabi, en Abe nader Lani vir hulp om Valerie en haar seun Eli te herenig. Claire wil seker maak almal weet Theo is haar kêrel, veral Ciara, en Jade begin drink omdat haar hart gebreek is. ’n Onverwagte soen veroorsaak onrustighe­id vir Chloe, en Brady help Nicole en Holly om hulle in Kanada te vestig. Sonny en Rafe span saam om Deimos te vernietig, en Deimos ontvoer Abby en Gabi, en sê Chad moet kies wie sal lewe en wie gaan sterf. • Judi Evans (Adrienne) het in werklikhei­d nie kanker of ’n mastektomi­e gehad nie.

Y&R

Victoria bly nie stil vir haar kritici nie omdat hulle haar met Victor vergelyk wanneer sy vasbeslote is om te werk, en Jack sê vir Hilary dis tyd om vuil te veg. Devon skei van Hilary, en Kevin vra Chloe die jawoord. Victoria vind die Clarissa-Jabot-teistering­lêer en wonder hoekom Mariah dit so vinnig verwerp het, maar wanneer sy en Billy die video speel, sien hulle hoe Gloria Jack van seksuele teistering beskuldig.

 ??  ?? Kevin (Greg Rikaart) vra Chloe (Elizabeth Hendrickso­n) om te trou.
Kevin (Greg Rikaart) vra Chloe (Elizabeth Hendrickso­n) om te trou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa