TV Plus (Afrikaans)

Jong kokke se lesse

Jong deelnemers se verbeeldin­g en vernuf oorbluf Mari-Louis.

-

Mari-Louis Guy, mede-beoordelaa­r van die nuwe realiteits­reeks Kokkedoort­jie (2017-nou), vertel die tien deelnemers (van nege tot dertien jaar) het die beoordelaa­rs met hul kreatiwite­it en verbeeldin­g in die kombuis verras. “Ons het self ’n paar lesse by die jong kokke geleer,” bieg sy.

Is jy en jou mede-beoordelaa­r, Nic van Wyk, net so streng met die junior deelnemers as met die volwassene­s?

Ons het van die begin af besluit ons sou die deelnemers as huiskokke beoordeel en nie as kinders nie. Dit het ons minder emosioneel gemaak.

Daar’s sewe seuns en drie meisies in die kompetisie. Wys die outjies hul slag dan net so goed soos die meisies?

Ek was nie betrokke by die keuringspr­oses nie en was verras toe ek hoor die meisies is in die minderheid: jong meisies hou mos gewoonlik meer van bak en kook as seuns. Maar die ouens het ons verwagting­e met hul kennis en vernuf oortref. Hulle staan nie een tree terug vir die meisies nie.

Is hier ’n nuwe geslag man/seunsjefs in wording?

Sjefs en koscelebs is deesdae die nuwe “rock-sterre”. Mans oorheers steeds die profession­ele sjefwêreld wat getalle betref, maar dit is verblydend dat kinders deesdae vroeër in die kookkuns begin belangstel en reeds aan loopbane in daardie rigting dink. En dit beteken nie hulle hoef noodwendig sjefs in ’n kombuis of restaurant te word nie, want die kosbedryf bied deesdae soveel nuwe uitdagings en moontlikhe­de soos navorsing en tegnologie.

In hoe ’n mate is die volwassene­s wat die jong deelnemers aan die kompetisie vergesel betrokke?

Wanneer die kinders ’n nuwe uitdaging kry, mag die volwassene­s wat hulle vergesel ’n rukkie saam beplan en idees uitruil. Daarna word die jong kokke aan hul eie oorgelaat. Die volwassene­s staan soms magteloos en toekyk hoe die kind die oond of die plate op ’n verkeerde hittegraad stel, of die termometer verkeerd gebruik. Soms stres die oupas, oumas, ma’s en pa’s baie meer agter die skerms as die kinders in die kombuis.

Kan ons in die volgende twaalf weke baie drama verwag?

My ma en broer het een episode op stel kom kuier en het tydens die uitskakeli­ng trane afgevee! Wees gewaarsku – die reeks is die grootste tranetrekk­er.

Het jou interaksie met jou eie drie kinders – Max (11), Ethan (7) en Sophia (5)– in die kombuis jou op Kokkedoort­jie help voorberei?

Beslis. Hulle het my geleer om kinders se wêreld en hul taal beter te verstaan. My kinders het my selfs oulike danspassie­s geleer wat ek in die kombuis doen.

En hoe vergelyk die Kokkedoort­jie-deelnemers se standaard met hul oorsese eweknieë in reekse soos Junior MasterChef Australia (2010-2011)?

Daar is al baie geskryf oor Junior Masterchef Australia se deelnemers wat weke voor die tyd geweet het wat in die uitdagings sou wag en solank geregte en tegnieke onder die knie kon kry lank voor die kameras gerol het. Ons weergawe is meer onskuldig en ons poog om kinders se kosverbeel­ding vrye teuels te gee. Dit was vir my seker die beste aspek, om te sien waarheen hulle ’n uitdaging – soos om ’n ONverjaard­agkoek te bak – neem. Die uitdagings en temas van Kokkedoort­jie is ook meer kindervrie­ndelik en nie bo hul vuurmaakpl­ek nie – van die uitdagings sluit byvoorbeel­d pannekoek en hamburgers in.

Het jy gevoel jy stap ’n fantasiewê­reld binne op die Kokkedoort­jie-stel?

O ja, en die produksies­pan het my ook só aangetrek dat ek by die tema van die dag pas, en hulle het die komiekliks­te haarstyle vir my prakseer. Ek het soms soos ’n karikatuur gevoel!

Sal ouer kykers ook by Kokkedoort­jie aanklank vind?

Sonder twyfel. Volwasse kykers gaan op ’n fantasievl­ug na ’n sprokieswê­reld geneem word. En hopelik gaan Kokkedoort­jie die grootmense weer inspireer om hul kinders na hul kombuis te nooi sodat almal lekker saam kan bak en brou.

 ??  ?? Mari-Louis Guy is die medebeoord­elaar van Kokkedoort­jie.
Mari-Louis Guy is die medebeoord­elaar van Kokkedoort­jie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa