TV Plus (Afrikaans)

Ernstige diagnose

Wimpie dink hy gaan lekker kos in die hospitaal kry, maar hy kry iets baie erger.

-

Die hardkoppig­e Wimpie du Toit (Paul Lückhoff) is ’n meester wanneer dit kom by voorgee en toneelspel. Wanneer die bouery by die ouetehuis Eikehof te raserig word, maak hy of hy siek is en word op Maandag 3 April in die Binnelandk­liniek opgeneem.

“Eintlik makeer Wimpie niks. Hy’t gehoor die pasiënte kry lekker kos in die hospitaal en hy verwelkom die stilte,” vertel Paul.

Die dokters kan aanvanklik niks fout vind met die klaerige Wimpie nie. Maar dan kom die groot skok: Op Vrydag 7 April vind Wimpie uit hy is regtig siek en op Maandag 10 April word die diagnose van prostaatka­nker bevestig. “Wat toe eintlik as ’n grap begin het, boemerang lelik en word ’n ernstige saak,” sê Paul.

EENSAAM

Die skoknuus vang Wimpie onkant en hy weet nie hoe om dit te hanteer nie. “Wimpie deel aanvanklik nie sy slegte nuus met iemand nie en verwerk dit self,” vertel Paul.

Intussen vertel sy goeie vriend Okkie (Ben Kruger) vir Wimpie se vriende en die Eikehof-bewoners hy’t net op almal se gevoelens gespeel om aandag te kry.

“Die rissiepit Breggie [Julie Strijdom] laat nie op haar wag nie en vreet Wimpie dieselfde dag in die hospitaal uit omdat hy almal bedrieg het – min wetende wat die ware stand van sake is,” sê Paul. En nou voel dit vir Wimpie of die hele wêreld sy rug op hom draai.

BEHANDELIN­G EN BRIEWE

Verpleegsu­ster Naomi (Je-ani Swiegelaar) raai Wimpie die volgende dag aan om vir kankerbeha­ndeling te gaan, maar hy weier. Wanneer Okkie die waarheid oor die diagnose hoor, probeer hy Wimpie ook oortuig om behandelin­g te kry.

“Wanneer Wimpie boonop hoor hy moet geopereer word, word hy vrekbang. Hy besluit om vir sy dogter, Sandra [Antoinette Louw], wat in Australië woon, ’n brief te skryf ingeval hy dit nie maak nie,” vertel Paul.

VERGEWE EN VERGEET

Breggie voel baie skuldig toe sy eindelik hoor Wimpie is regtig siek en probeer regmaak waar sy verbrou het en ondersteun hom.

“Wimpie is eers goor met haar en laat haar verstaan hy soek nie haar simpatie nie,” sê Paul, “maar dan wys hy sy weerlose kant en vertel haar hoe bang hy vir die operasie is.”

Paul vertel al stamp Breggie en Wimpie gedurig koppe het hulle ’n baie sagte plekkie vir mekaar: “Maar albei is sulke korrelkopp­e en wil dit nie erken nie. Wimpie se skielike siekte laat hulle besef hoe geheg hulle aan mekaar is.”

Paul skud sy kop. “Eintlik is die hele situasie ironies – boonop is daar so ’n bietjie geluk by die ongeluk. Want Wimpie besef as hy nie wolf geroep het nie, sou hy dalk te laat uitgevind het hy’s regtig siek,” verduideli­k Paul.

Op Donderdag 13 April is Wimpie benoud voor sy groot operasie en berei hom op die ergste voor.

Die Binnelande­rs besef nou hoe erg hulle eintlik oor Wimpie is – want Binneland-kliniek sal nooit weer dieselfde wees sonder die ou knorpot nie.

 ??  ?? Wimpie vind uit hy is regtig siek.
Wimpie vind uit hy is regtig siek.
 ??  ?? Breggie vreet Wimpie uit omdat hy eers voorgegee het hy is ernstig siek.
Breggie vreet Wimpie uit omdat hy eers voorgegee het hy is ernstig siek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa