TV Plus (Afrikaans)

In dieselfde bootjie

Die enkelpa Alex probeer Pippa uit haar dilemma help

-

Matrone Pippa Malherbe (Nadia Valvekens) is raadop, want haar baba, Dian (Noah Geldenhuys), hou nie op huil nie, en sy sluit by ’n aanlyn steungroep vir enkelouers aan. Dis hier waar Pippa se paaie met die enkelpa Alex (Ashley Dowds, in 2005 in Scandal!, e.tv, 2005-nou) kruis. Tertius (Reynardt Hugo) is agterdogti­g, maar Karli (Pascal Pienaar), is verlig oor die nuwe verwikkeli­nge, want sy voel Tertius bring te veel tyd by Pippa deur. Intussen begin Pippa en Alex ál meer op mekaar steun, maar dit lyk of albei katvoet is vir ’n hegte vriendskap, wat nog te sê van ’n verhouding.

REGTE OOMBLIK, REGTE TYD

Alex het sy profession­ele lewe opsy geskuif om heeltyds pa te wees vir klein Eva. “Alex se geskiedeni­s is net so ingewikkel­d soos Pippa s’n,” vertel Ashley.

Alex kom op die regte tyd tot die moedelose Pippa se redding. Op Woensdag 12 April gee hy raad met die regte dosis vir Dian se formulemel­k. Wanneer Pippa en Alex die volgende aand saam ’n sessie by hul steungroep wil bywoon, huil Dian aanhoudend.

“Alex bied aan om na Dian te kyk terwyl Pippa die sessie bywoon,” verdui- delik hy. Tertius is baie verbaas om Alex alleen by Dian aan te tref wanneer hy later die aand by Pippa se woonstel opdaag. “Tertius besef Pippa moet die ‘vreemde’ man baie vertrou as sy haar kind alleen by hom los,” sê Ashley.

’N TOEKOMS SAAM?

Die bordjies word die volgende aand verhang – Alex vra Pippa om na klein Eva te kyk omdat hy persoonlik­e sake het om af te handel. Op Maandag 17 April nooi Alex weer vir Pippa na die steungroep se sessie.

Maar daar is tóg goed wat pla. “Pippa is aanvanklik geïrriteer­d met Alex omdat sy meen hy dink hy weet alles,” vertel Ashley. “Sy’s ook onseker oor Alex se motiewe vir die nuwe vriendskap en is die hele tyd op haar hoede. Saam met die aanpassing­sprobleme wat sy met Dian ondervind en die gedurige kopstamper­y met Alex is daar nie juis sprake van ’n romanse nie.”

Of is daar? Want volgens Ashley sien Alex baie potensiaal in ’n vrou soos Pippa. “Ek dink hy besef hulle is in dieselfde bootjie, maar sy persoonlik­e lewe verhinder dat hy by ’n liefdesver­houding betrokke raak.”

Of Pippa en Alex wel goeie pasmaats is, is ’n goeie vraag, sê Ashley. “Ek’s seker hulle is, maar hulle sal nog heelwat sakke sout saam moet opeet om by daardie punt uit te kom.”

 ??  ?? Pippa en Alex is albei enkelouers.
Pippa en Alex is albei enkelouers.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa