TV Plus (Afrikaans)

Wedloop om die ring

Wyatt is gereed om Steffy in ’n blitstroue op te raap, maar hy is dalk nie vinnig genoeg nie.

-

Die aftelling na Wyatt (Darin Brooks) en Steffy (Jacqueline MacInnes Wood) se troue begin op Donderdag 20 April wanneer Wyatt vir Steffy sê hulle het lank genoeg gewag, dis tyd dat die trouklokke lui. Maar met net vyf dae oor voor die seremonie het hulle geen idee hoeveel struikelbl­okke in die pad na hul groot dag is nie.

WOLKE PAK SAAM

Terug by Quinn (Rena Sofer) se hut probeer Steffy se eksverloof­de met geheueverl­ies, Liam/Adam (Scott Clifton), uitpluis wat verkeerd is met sy en Quinn/Eve se vervalste troufoto’s. En wanneer Liam se vinnig terugkeren­de geheue Adam se “vrou”, Eve, se gesig met Steffy s’n op die foto’s vervang, is Quinn gereed om landuit te vlug saam met Liam noudat sy op hom verlief is. Daar is selfs ’n terugkeer uit die dood (sien bl. 43 vir die sappige details) wat die troue bedreig wanneer dit op Dinsdag 25 April begin.

STORM DIE STRAND

Maar as daar stormwolke saampak om Wyatt se strandtrou­planne te ruïneer, is hy so vasbeslote om die ring aan Steffy se vinger te kry dat hy hom blind hou. Selfs wanneer die veiligheid­swag Charlie (Dick Christie) hom beeldmater­iaal wys van hoe Quinn Liam op Woensdag 19 April ontvoer, aanvaar Wyatt gou sy ma se verduideli­king.

“Ek dink dis een ding waaraan Wyatt heeltyd dink: Hoe gaan dinge verloop wanneer Liam terugkom van die jogaoord of waar ook al. Ja, hy [Wyatt] het werk by sy pa, hy’t die meisie, sy lewe is fantasties soos dit nou is. Sy ma meng sover hy weet nie by sy lewe in nie.

“En as Liam terugkom, hoe gaan dit wees?” vra Darin. “Wyatt sal dan aandag daaraan gee, maar daar is altyd die onsekerhei­d en paranoia.” En dis daardie onsekerhei­d wat hom in die eerste plek dryf om daarop aan te dring dat Steffy by hom aansluit vir ’n vinnige troue.

 ??  ?? Steffy en Wyatt lê hul huweliksbe­loftes voor eerw. Rydale af.
Steffy en Wyatt lê hul huweliksbe­loftes voor eerw. Rydale af.
 ??  ?? Liam en Quinn gaan op ’n vinnige staptog . . .
Liam en Quinn gaan op ’n vinnige staptog . . .

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa