TV Plus (Afrikaans)

Los die beste vir laaste

Mazwi doen wat hy kan om ’n getraumati­seerde Nolwazi te help.

-

Mazwi (Musa Ngema) het dit verpes dat hy saam met sy swaer Fana (Mnqobi Duma) moes werk om op Dinsdag 11 April sy eksminnare­s en Fana se meisie Nolwazi (Thando Thabethe) van haar gek ontvoerder, Thabiso (Matli Mohapeloa), te red. Thabiso het Nolwazi gemartel om sy gewese prokureur Fana terug te kry omdat hy Thabiso jare tevore in die tronk gelos het, en vanaf Woensdag 12 April is Thabiso op die vlug. “Mazwi en sy Mabaso-skoonmense is woedend vir Thabiso en wil hom vernietig vir wat hy aan Nolwazi gedoen het,” sê Musa. Maar eers wil Mazwi Nolwazi terugkry en seker maak sy is oukei.

PARANOÏES

Nolwazi is op Maandag 17 April paranoïes ná haar ontvoererv­aring. “Sy sluit haar in haar woonstel toe en dit gee Mazwi die kans om haar van haarself te red,” verduideli­k Musa. Op Dinsdag 18 April daag Mazwi op om Nolwazi te troos, en dis vir die oudminnaar­s moeilik om hul hande van mekaar af te hou. “Die gevoelens is steeds daar. Hy wil nie dat sy deur so ’n pynlike beproewing gaan nie, en hulle begin op ’n nuwe bladsy,” voeg Musa by, wat kykers daaraan herinner Mazwi het Nolwazi in Februarie 2017 gelos nadat hy uitgevind het sy vrou, Sphe (Pearl Monama), is swanger. “Maar hy wil nie weer die liefde van sy lewe verloor nie. Nolwazi beteken vir Mazwi alles en hy wil haar terug by hom hê.”

LAAT HAAR GAAN

Fana word geïgnoreer wanneer hy op Woensdag 19 April met sy meisie Nolwazi probeer praat, want “sy en Mazwi blameer Fana dat hy Thabiso in haar lewe gebring het. Sy wil nou niks met Fana te doen hê nie,” sê Musa, wie se karakter vir sy broer Smanga (Moopi Mothibeli) op Vrydag 21 April sê hy voels nog iets vir Nolwazi. Fana reik steeds uit, onwillig om Nolwazi sonder ’n geveg prys te gee. En dit kan gebeur. “Mazwi en Fana kan mekaar nie verdra nie. Hulle is verlief op Nolwazi, maar sy is skrikkerig om amptelik met een van hulle uit te gaan,” sê Musa. “Fana het haar in gevaar gestel en Mazwi is nog getroud. Daar gaan oorlog wees om haar hand.”

 ??  ?? Fana. Mazwi en Nolwazi.
Fana. Mazwi en Nolwazi.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa