TV Plus (Afrikaans)

Vals deuntjie

Mangaliso se musiekloop­baan is geruïneer ná Bontle se onthulling.

-

Mangaliso (Bongani Masondo) stel sy trouplanne met sy ekstronkvo­ëlverloofd­e Lelo (Amanda du-Pont) op Woensdag 12 April uit wanneer sy naam deur die modder gesleep word deur sy vriendin Bontle (Keamo - getswe Leburu). Sy beskuldig die aspirantmu­sikant daarvan dat hy haar liedjie gesteel het, en dit betrap Mangaliso onkant. “Hy het vergeet hy het dit ’n tydjie tevore by Bontle gehoor en het werklik geglo dis sy liedjie,” sê Bongani. “Mangaliso het nie bedoel om dit te steel nie, regtig!”

Maar Bontle laat hom nie skotvry daarvan afkom nie. Sy vra Jazzy T (Karabo Mokhubela), haar kêrel wat ook Mangaliso se beste vriend is, op Donderdag 13 April om haar liedjie terug te kry. “Sy is bereid om alles in die stryd te werp. Jazzy T weet as die liedjie baie [oor die radio] gespeel word, kan dit Mangaliso baie ryk maak en hulle wil ’n deel van die geld hê, want dis Bontle se geld!” verduideli­k Bongani.

MUSIKALE FOUT

Eers hou Mangaliso by sy storie, dat die snit syne is. Maar op Vrydag 14 April sê Jazzy T vir hom Bontle het die oorspronkl­ike weergawe van die liedjie, en “Mangaliso is vreesbevan­ge!” sê Bongani. “Dis Bontle se oorspronkl­ike komposisie en Mangaliso is bang mense gaan hom ’n dief noem. Daar is niks wat hy kan doen om te keer dat sy na vore kom hiermee nie.”

Lelo probeer skadebehee­r toepas en haar liefie se naam op Dinsdag 18 April in ere herstel, maar dis te laat. Die woord doen die ronde dat Mangaliso gesteelde musiek gebruik, en joernalist­e bel Mangaliso aanhoudend. “Dit laat hom stres. Dis nie net sy loopbaan wat op die spel is nie, maar ook sy vriendskap met Jazzy T,” voeg Bongani by.

CHAOS VEROORSAAK

Dinge gaan van kwaad na erger vir die gekwelde musikant op Woensdag 19 April wanneer hy die omvang van sy oneerlikhe­id besef. “Almal in die bedryf begin Mangaliso se geloofwaar­digheid bevraagtek­en,” sê Bongani. “So bevraagtek­en hulle ook die werk wat hy in die verlede gedoen het, werk wat regtig syne was.” Mangaliso is op Vrydag 21 April desperaat om die gemors reg te stel, veral met Lelo wat teleurgest­eld is, want sy dink hy het hul lewe geruïneer. Hulle sou trou, maar hulle moet eers sy goeie naam in ere herstel. “Trouplanne is ’n gevoelige onderwerp,” sê Bongani.

 ??  ?? Mangaliso en Lelo (links) weet nie wat om te sê wanneer Bontle en Jazzy T hul saak stel nie.
Mangaliso en Lelo (links) weet nie wat om te sê wanneer Bontle en Jazzy T hul saak stel nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa