TV Plus (Afrikaans)

Desperate oordosis

Alles word te veel vir Angie en sy gryp ’n bottel pille.

-

Kgothalo (Katlego Danke) is gedaan ná sy deur haar wederhelf, die sakeman Tyson (Shona Ferguson), aan haar eie lot in The Deep oorgelaat is, en sy neem sy fling, Angelique (Shannon Esra), kwalik. Sy is op ’n wraaktog en probeer die menseregte­prokureur se reputasie vernietig deur Angie op Woensdag 12 April van die manipuleri­ng van bewyse te beskuldig terwyl sy die gevalle sakeman en moordenaar Lincoln (Lindani Nkosi) in die hof verdedig het. Maar selfs Kgothalo kon nie voorsien watter stappe haar teiken sal neem nie . . .

HEELTEMAL ALLEEN

“Angie loop die gevaar om van die rol geskrap te word,” verduideli­k Shannon. “Angie voel sy het nêrens en niemand na wie toe sy kan gaan nie, want dis benede haar om haar familie of vriende om hulp te nader. Sy het ’n groot ego en weier dat mense haar as weerloos sien,” sê Shannon. Die enigste een wat Angie naby haar toelaat is Tyson, en op Donderdag 13 April probeer sy met hom in aanraking kom terwyl sy angstig op die hof se uitspraak oor haar optrede in die Lincoln-saak wag. “Die gewag maak haar gek, maar Tyson reageer nie,” voeg Shannon by. Met die swaard van skorsing wat oor haar kop hang, bereik Angie se emosies op Dinsdag 18 April ’n algehele laagtepunt, en Shannon sê: “Haar loopbaan is haar lewe. Sy het hard gewerk om te kom waar sy is, en sy weier om te glo dit kan alles binne sekondes verby wees.” Angie gryp na die bottel vir troos en een drankie word twee en dan drie . . . “Voor sy dit besef, is Angie dronk en dis ’n slegte ding – sy kry selfdoodge­dagtes en vat ’n bottel pille om alles te beëindig,” onthul Shannon.

ALMAL PRAAT

Angie se moeilikhei­dmakerpa, Conrad (Deon Coetzee), tref haar bewusteloo­s aan op Woensdag 19 April, en Shannon verklap sy optrede “sal kykers verras. Angie word hospitaal toe gehaas, en die nuus oor haar selfdoodpo­ging laat The Deep gons.” Kgothalo besoek Angie op Donderdag 20 April, maar sy is allesbehal­we simpatiek: Sy maak dit duidelik sy sal Angie kelder om haar huwelik te red. “Angie is op ’n donker plek,” sê Shannon, “en kykers gaan ’n heeltemal ander kant van haar sien.”

 ??  ?? Tyson (heel bo) is weg, maar sy vrou, Kgothalo (bo), wil hê Angie moet betaal. Angie dink selfdood is die enigste oplossing vir haar ellende.
Tyson (heel bo) is weg, maar sy vrou, Kgothalo (bo), wil hê Angie moet betaal. Angie dink selfdood is die enigste oplossing vir haar ellende.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa