TV Plus (Afrikaans)

Kontraktue­le misverstan­d

Nonny het ’n ernstige beswaar voor sy met Pule kan trou.

-

Die ontvangsda­me Nonny en die grootkop-belegger Pule (Phindile Gwala en Zwelethu Nkutsho) se troudag kom nader. Maar hul geluk word op Donderdag 13 April bedreig wanneer Pule vir sy verloofde ’n voorhuweli­kse kontrak gee en wil hê sy moet dit teken. “Nonny is seergemaak,” sê Phindile. “Sy is onkant gevang en voel beledig.”

MYNE EN JOUNE

Volgens die kontrak word hul geldsake en besittings apart gehou, en sal dit sake makliker maak indien hulle uitmekaar sou gaan of sou skei. Dis die laaste ding wat Nonny wil hê – sy is lief vir Pule en hoewel sy geld beteken sy sal versorg wees, is dit nie die rede hoekom sy sy bruid wil wees nie. Vir Nonny voel dit as sy Pule se kontrak teken, is dit soos die voorbereid­ing op ’n egskeiding.

LEES TUSSEN DIE LYNE

Nonny reken ook op Vrydag 17 April Pule dink sy’s ’n fortuinsoe­ker. Sy is paranoïes en wend haar op Dinsdag 18 April tot haar baas en vriendin Than- daza (Sindi Dlathu). Thandaza het al die huwelik se hoogte- en laagtepunt­e beleef, sowel as egskeiding­s, en Nonny reken sy sal die beste raad hê. Nonny begin al klaar dink Pule beplan om haar te los, al hou hy vol hy volg net die huwelikspr­osedure.

“Thandaza probeer vir Nonny sê die kontrak is heeltemal in die haak en dis hoe dinge deesdae gedoen word en dit sal haar ook beskerm,” sê Phindile. Maar vir Nonny voel die “huwelikspr­osedure” na ’n manier waarop Pule homself en sy geld wil beskerm.

VERSKILLE EN AGTERDOG

Dit lyk of hul verlowing teen Woensdag 19 April aan ’n draadjie hang wanneer die kontrak hulle uitmekaard­ryf. “Nonny dink daar is geen vertroue nie. Dis omdat sy weet sy bring nie soveel [finansieel] in die huwelik in nie,” sê Phindile. Hoewel Pule sê daar is niks ongerymds aan die kontrak nie, bly Nonny agterdogti­g en dink hy steek iets weg en jok vir haar.

 ??  ?? Die aspirant-bruid Nonny gaan nie glimlag wanneer haar verloofde, Pule, haar handtekeni­ng op ’n dokument wil hê nie.
Die aspirant-bruid Nonny gaan nie glimlag wanneer haar verloofde, Pule, haar handtekeni­ng op ’n dokument wil hê nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa