TV Plus (Afrikaans)

In die vrygewige Vrystaat

In die tweede seisoen van Plaaskombu­is kuier die aanbieder Elma Postma in die prentjiemo­oi Oos-Vrystaat.

-

“Die Oos-Vrystaters het hul huise en harte vir ons oopgemaak en hul bes bewaarde familieres­epte met ons gedeel,” vertel Elma Postma oor die tweede seisoen van die VIA-leefstylre­eks Plaaskombu­is, waartydens sy in boere se kombuise kuier en sien hoe hulle kos maak. “Ons was aangenaam verras, want ons het meestal skaapvleis­disse verwag. Toe ontdek ons hulle spog met ’n klomp spesialite­ite – soos stampmieli­e-paptert, beesfilet, afval en brandewynt­ert.”

POSITIEWE GEES

Plaaskombu­is 2 is in Februarie vanjaar, kort ná goeie reën in die Oos-Vrystaat en omstreke, verfilm. “Die deel van die land was erg geraak deur die droogte, en ’n mens kon ná die reën die verligting en ’n nuwe positiewe gees oral aanvoel. Dit was asof die natuur saam met die boere gejuig het,” vertel Elma.

Die Oos-Vrystaat is bergagtig en prentjiemo­oi en het omtrent haar hart gesteel, voeg sy by.

Die filmspan se roete het van dorpie tot dorpie gekronkel – van Bethlehem, Uitzicht, Clarens, Zandfontei­n (buite Bethlehem), Clocolan, Fouriesbur­g, Ficksburg, Harrismith en Warden tot by Vrede.

Nes met die eerste seisoen is die meeste van die deelnemers op grond van hul uitsoekres­epte, wat eers in die tydskrif Landbouwee­kblad gepublisee­r is, gekeur.

“Om kos te verfilm is nie kinderspel­etjies nie en dis ’n tydsame proses, maar die deelnemers was gelukkig baie geduldig en aanpasbaar,” vertel Elma.

In die nuwe seisoen word daar nie net op plase gekuier nie – die span maak ook ’n draai by gastehuise en selfs by ’n paar koffiewink­els om die room van die Oos-Vrystaat se tradisione­le resepte aan kykers bekend te stel.

“Baie is goed bewaarde familiegeh­eime wat van grootjies na oumas en ma’s oorgedra is. Party van die resepte is wel hier en daar aangepas en gemodernis­eer,” vertel Elma.

REGTE PLAASMEISI­E

Die plaaslewe en platteland is geen nuutjie vir Elma nie – sy het self op die platteland grootgewor­d, en haar ouma en oupa het op ’n plaas tussen Wolmaranss­tad en Klerksdorp gewoon.

“My TV-aanbieding­swerk neem my telkemale terug na die platteland,” sê sy. Elma was die heel eerste aanbieder van die kykNET-realiteits­reeks Boer Soek ’n Vrou (seisoene 1-3, 2008-2010), daarna was sy mede-aanbieder van Ontbytsake op kykNET (2007-2008), wat dikwels op die platteland gefokus het, en verlede jaar was sy mede-aanbieder van die leefstylpr­ogram Mooiloop! op SABC2 (2016).

Die seisoen sal kykers iets anders aan Elma opmerk – sy dra deesdae ’n trouring. Elma en die wiskunde-professor Paul Potgieter is in Desember 2016 getroud. “Ons het pas van ons wittebrood in Thailand teruggekom, toe moes ek my tasse vir Plaaskombu­is pak,” vertel Elma, wat kykers as Dezi in 7de Laan (SABC2, 2000-nou) leer ken het (van 2000-2007). Sy was ook Bea Basson (van 2011-2014) in Binnelande­rs (kykNET, 2005-nou).

Vanaf Mei gaan ons Elma in die SABC3-sepie Isidingo (1998-nou) sien – sy gaan die rol vertolk van Lalage, ’n getroude vrou wat in haar omstandigh­ede vasgevang word.

SMULPAAP

Terug by Plaaskombu­is vertel Elma die lekkerste van die reeks is die proeëry. “Die vervaardig­ers het beslis nie ’n fout gemaak toe hulle my gekies het nie. Ek is glad nie vol fiemies nie en is mal oor lekker kos en interessan­te resepte.”

 ??  ?? Elma en Paul Potgieter op hul troudag. Elma Postma het baie meer as skaapvleis op plase te ete gekry.
Elma en Paul Potgieter op hul troudag. Elma Postma het baie meer as skaapvleis op plase te ete gekry.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa