TV Plus (Afrikaans)

Terug vir bloed

Vir Sasha Alexander was dit moeilik om Maura Isles te laat gaan.

-

Rizzoli & Isles Seisoen 5 Dinsdae Universal (*117) 20:00

Dis ’n jaar sedert die sewe seisoen lange pretspeurr­eeks Rizzoli & Isles (2010-2016) geëindig het. Maar vir Sasha Alexander is dit iets wat die res van haar lewe by haar sal bly – veral met herhalings wat oral uitgesaai word. Ons het die 44-jarige (mediese kenner Maura Isles in die reeks) in Los Angeles gebel om oor die reeks te praat en uit te vind wat haar deesdae so besig op TV hou.

Was dit moeilik om vir Maura en die reeks

tot siens te sê? Moeiliker as wat ek ooit kon dink. Dit was emosioneel om ’n plek te verlaat waar jy so lank gewerk het. In die kombuis was ’n teestel waarvan ek altyd gehou en wat ek gevat het. Uit die kantoor het ek ’n reuseafdru­k geneem van vyf vroue wat vroeg in die 1900’s ’n outopsie doen. Dit was ’n vroulike bemagtigin­gsfoto wat nou in my kantoor hang. Was dit die regte tyd om die reeks af te

sluit? Dis moeilik om te sê, want ek dink die reeks het nog so baie stories wat vertel kon word. Maar sewe jaar is ’n lang tyd en dit was wonderlik. Dis iets waarop ons baie trots is. Jy het ook by die reeks met regie begin. Ek het aan die universite­it van Southern California regie studeer. Ek het altyd belanggest­el daarin en ek het van die begin van die reeks met die uitvoerend­e vervaardig­ers gepraat. Dit het nooit gebeur nie tot die laaste seisoen – dit was uitdagend maar ’n bevredigen­de ervaring, en ek wil dit weer doen. Mis jy dit om saam met Angie Harmon

(Rizzoli) te werk? Jy weet, ek het lanklaas met Angie gepraat. Ek dink ons het weer besig geraak met ons, en sy woon boonop aan die ander kus. Ek mis dit om saam met haar te werk. Dit was regtig ’n lang tyd!

En wat doen jy nou? Ek het in 2016 in ’n komedieree­ks, Bernard & Huey, gespeel, en ek werk saam met die rapper Ludacris aan ’n dramareeks, Ride (2017-nou). Ons speel ’n gemengdera­sgesin wat ’n seun aanneem wat as ’n wit heerssugti­ge grootgemaa­k is. Dit gaan oor hoe ons die jong man hanteer en hom leer hoe om na die wêreld te kyk.

 ??  ?? Sasha Alexander (regs) mis die TV-reeks en haar medester Angie Harmon (as Rizzoli).
Sasha Alexander (regs) mis die TV-reeks en haar medester Angie Harmon (as Rizzoli).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa