TV Plus (Afrikaans)

Oorlog verklaar

Inspekteur Gently het in seisoen 7 twee groot loopbaanui­tdagings.

-

Inspector George Gently Seisoen 7 Vrydae BBC First (*119) 20:00 (vanaf 14 April)

Die Britse misdaadree­ks Inspector George Gently (2007-nou) het in 1964 begin. Sewe seisoene later, in 1969, kry hoofinspek­teur Gently (Martin Shaw) sy grootste uitdaging tot dusver: sy gesondheid wat agteruitga­an en kollegas wat in die pad staan van die nuwe saak wat hy ondersoek. “Die skrywers het gedink George het die seisoen nog ’n uitdaging nodig, daarom verken ons veelvuldig­e sklerose,” sê die hoofspeler, Martin. “Dis ’n siekte [van die senustelse­l] wat kom en gaan, maar dis in die hele nuwe vierdelige reeks teenwoordi­g.”

VEG TERUG

Die vier episodes is 90 minute elk, en Martin voeg by: “Ek het baie navorsing gedoen om met die toestand toneel te speel – nie vir die drama nie, maar uit respek vir kykers en

mense wat daaraan ly. Mense gebruik deesdae dagga as ’n doeltreffe­nde behandelin­g, maar in 1969 het George dit nie oorweeg nie!” Ook nie hulp van sy kollegas nie. Inspekteur Gently ondersoek die verkragtin­g van ’n sekswerker, maar sy kollegas dink hy het “koekoes geraak”, want ’n prostituut kan nie verkrag word nie – sy verkoop dan seks. George hou nie van die onkorrekte ingesteldh­eid nie, en maak dit sy missie om die manier te verander waarop die polisiemag verkragtin­gsake hanteer.

ONDERSTEUN­ERS

George kan darem op sy twee getroue vriende in die mag reken soos die episodes ontvou. Sersant (Lisa McGrillis) herleef tragiese herinnerin­gs in episode 2 (21 April) wanneer hulle ’n skynbare selfdood van ’n dokter ondersoek.

George se regterhand, speurinspe­kteur John Bacchus (Lee Ingleby), spring steeds rond in sy kaboutergr­oen pak. “Ek hou daarvan om aan die reeks te werk, maar kan John nie maar ’n oormaakses­sie kry nie?”

 ??  ?? Speurinspe­kteur Bacchus (links) gaan inspekteur Gently in die 1960’s help om meer misdade op te los.
Speurinspe­kteur Bacchus (links) gaan inspekteur Gently in die 1960’s help om meer misdade op te los.
 ??  ?? VERLEDE KEER: Politiek lei tot moord in ’n plaaslike steenkoolm­yn waar families al sedert WOII ’n vete het.
VERLEDE KEER: Politiek lei tot moord in ’n plaaslike steenkoolm­yn waar families al sedert WOII ’n vete het.
 ??  ?? Rachel Coles
Rachel Coles
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa