TV Plus (Afrikaans)

Die ewige moeder

June van Merch skitter as die matriarg in verskeie reekse.

-

Swartwater Seisoen 2 SABC2 (*192) Dinsdae 19:00 Sara Se Geheim Seisoen 1 kykNET (*144) Dinsdae 20:00

Dis meer as net die rol van Sara Abrahams in die dramareeks Sara Se Geheim wat by die aktrise June van Merch (55) pas. “Buiten die feit dat my ouma se naam ook Sara is, het ons familie ’n soortgelyk­e geskiedeni­s: my ouma se pa was ’n Engelsman,” vertel sy. “Ek kan dus met die karakter Sara identifise­er.”

GEWETE PLA

June het empatie met Sara se dilemma dat sy ’n groot geheim moet bewaar wat twee families verbind, en wat baie skade kan aanrig indien dit bekend word. “Sy is die tipiese matriarg wat haar familie bymekaar wil hou. Maar terselfder­tyd probeer sy die geheim bewaar – deels om haar eie persoonlik­e redes en uiteraard om haar kinders te beskerm. Dis ’n baie fyn lyn wat Sara moet loop,” verduideli­k June. “Haar verbete poging om dit toe te smeer gaan gepaard met skuldgevoe­lens – en sy sien hoe dit almal se lewe op ’n negatiewe manier raak. Dit laat Sara magteloos voel.”

HOPE MOEDERLIEF­DE

June, wat in Ladismith in die Kaap grootgewor­d het, moes die afgelope paar maande behoorlik kophou omdat sy gelyktydig in ’n paar TV-reekse en ’n nuwe Afrikaanse fliek speel. Eerstens is daar Swartwater op SABC2, waarin sy in die tweede seisoen die rol vertolk van Kinta, Dotty (Nazli George) se boesemvrie­ndin. Die verfilming van die dramareeks het al in November 2016 begin en duur nog tot middel April.

Dan is daar die tweede seisoen van Die Boekklub op kykNET, waarin June haar rol as Sofia Mathews hervat. Verfilming het ’n paar weke gelede begin en sal tot in Junie in Merweville in die Karoo en op verskeie plekke in die WesKaap duur.

Kinta en Sofia is ewige moeders, vertel June. “Kinta was ’n laatlammet­jie en het haar ouer broers se kinders help grootmaak. Later het sy self afvlerkkin­ders soos Amulet (Monique Gioviana) in pleegsorg geneem.

“Sofia is weer soos ’n regte ma vir die hoofkarakt­er, Tom (Armand Aucamp). Hulle het ’n wonderlike band en groot liefde vir mekaar, al stry hulle soms soos kat en hond,” vertel June.

Daarby is die skrywer Annelie Botes se trefferboe­k Raaiselkin­d (2001) pas verfilm, waarin June die rol van die huishoudst­er Miriam Slangveld vertolk. Miriam het self twee kinders, maar ontwikkel ’n sterk moederlief­de vir die jongste kind van die gesin waar sy werk – die seuntjie is outisties.

GRYS EN GRYSER

Dit was ’n uitdaging om haar skietroost­er tussen al drie produksies te balanseer. “Ek het maar net gebid als moet mooi in plek val!”

Uiteraard moes haar voorkoms vir die verskillen­de rolle afgewissel word. “My hare was byvoorbeel­d grys in Sara Se Geheim, en vir Swartwater en die fliek Raaiselkin­d is dit ook effe grys, maar vir Die Boekklub word dit weer goudbruin gekleur. Ek moes kophou met die verskillen­de haarkleure,” lag sy.

WOONWATOER

Is daar nog enige rolle waaroor die gevierde aktrise droom? “Nie juis nie, ek is baie tevrede met alles wat al na my kant toe gekom het. Een groot droom wat ek wel koester, is om in die toekoms met ’n woonwa deur SuidAfrika te reis.”

Ons wonder watter kleur haar hare dan gaan wees!

 ??  ?? June soos sy lyk as Kinta in die dramareeks Swartwater.
June soos sy lyk as Kinta in die dramareeks Swartwater.
 ??  ?? June as Sofia in Die Boekklub 2.
June as Sofia in Die Boekklub 2.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa