TV Plus (Afrikaans)

Kry jou regrukker

Ons kan ons oë nie wegskeur van The Fixer se kombinasie van geheime, skandale en styl nie.

-

The Fixer Seisoen 1 Maandae e.tv (*194) 20:30 (vanaf 17 April)

Om “fopnuus” of “alternatie­we feite” te skreeu wanneer ’n politikus op reusagtige skaal aanjaag, bluf niemand nie. Dit verg ’n kunstenaar om ’n politieke skandaal met verfyndhei­d uit te stryk. In The Fixer (2012-nou – en pas hernu vir ’n sewende seisoen) is die kunstenaar die Withuis se voormalige direkteur van kommunikas­ie Olivia Pope (Kerry Washington), wat die politiek verlaat het om haar krisisbest­uursondern­eming, Pope & Associates, op die been te bring. Haar span spesialist­e sluit die prokureurs Harrison Wright (Columbus Short) en Stephen Finch (Henry Ian Cusick) in, asook die ondersoeke­r Abby Whelan (Darby Stanchfiel­d), die tegnologie­kenner Huck Muñoz (Guillermo Diaz), en die nuweling Quinn Perkins (Katie Lowes). Die span is gereed om Olivia te help om krisisse toe te smeer, die kompetisie te beswadder en selfs bewyse en lyke te begrawe. As jy eers jou krisis na Pope & Associates gebring het, kan jy dit beskou as diskreet “gehanteer”.

DIE REGTE OLIVIA POPE

The Fixer is geïnspiree­r deur die lewe van die gewese Withuis-persassist­ent Judy Smith (sonder die affair met die president, natuurlik). Al wat dit geverg het, was ’n 15 minuut lange ontmoeting wat ’n twee uur lange gesels geword het om The Fixer se uitvoerend­e vervaardig­er, Shonda Rhimes, te oortuig ’n reeks oor ’n Judy-styl heldin sou TV-kykers se wêreld skud. Judy werk tans as ’n konsultant en medevervaa­rdiger aan die reeks. “Ek verskaf krisisidee­s en stuur dit na Shonda. En sy sal bel en sê: ‘Wat dink jy hiervan?’ Ek lees elke draaiboek en stuur vir hulle notas. Dis lekker,” sê Judy. Sy adviseer ook oor protokol vir staatsbank­ette en ander tegniese detail in die Withuis, tot wat sou gebeur tydens ’n sluipmoord­poging op die president.

FIXER-STYL

Dis nie net Judy se fantasties­e loopbaan waaruit die reeks put nie. The Fixer-fans geniet ook Olivia se kleredragk­euses. Hulle laat haar uitstaan in Washington, wat die reputasie van ’n somber stad het. [Vergelyk die realiteits­reeks The Real Housewives Of Potomac (2016-nou) met The Real Housewives Of New York (2008-nou) as jy twyfel.] Judy verklap iets van Olivia se styl. Sy was eendag in die bank toe ’n medekliënt haar op en af kyk en sê: “O, dit lyk soos ’n Olivia Pope-jas.” En Judy deel Olivia se gunsteling­uitrusting­kleur – wit.

WIT HOEDE = GOEIE OUENS

The Fixer se kostuumont­werper, Lyn Paolo, verduideli­k sy klee Olivia gereeld in wit en bleek kleure, want: “Ek wil hê sy moet ’n baken van lig wees.” Sy voeg by: “Dit het begin as bloot ’n visuele ding en dit het ontwikkel tot iets oor vroulikhei­d. Ons wou nie hê sy moet soos ’n man aantrek nie, maar ons wou hê sy moes die broek dra. Sy dra nie ’n romp nie behalwe as dit ’n terugflits is, want ek het net gedink dis vervelig. Waarmee ons dus gespeel het, is die kleur, die palet en die sagtheid van die materiale. Sy dra struktuur, maar die materiale is altyd wonderlik gedrapeer.”

Maar ons dink daar is ’n ander rede waarom wit Olivia se gunsteling­kleur is – dit kan die oog mislei. Wanneer Olivia soos ’n gloeilamp uitstaan, verblind sy ons oë sodat ons nie die onsmaaklik­e geheime sien wat sy die donker in smokkel nie . . .

 ??  ?? Pope & Associates se Finch, Quinn, Huck, Olivia, Harrison en Abby tesame met die Withuis se stafhoof Cyrus Beene (Jeff Perry) en die VSA-president Fitzgerald Grant.
Pope & Associates se Finch, Quinn, Huck, Olivia, Harrison en Abby tesame met die Withuis se stafhoof Cyrus Beene (Jeff Perry) en die VSA-president Fitzgerald Grant.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa