TV Plus (Afrikaans)

Die harde pad

Die broers Matt en Jeff Hardy is byna weer WWE-sterre.

-

WWE Main Event Saterdae e.tv (*194) 11:30

Die WWE-grootbaas Vince McMahon het die Hardy-broers, Matt en Jeff, in 2010 uitgeskop en hulle het van 2011 tot 2017 ’n tuiste by die mededinger­s Total Nonstop Action (TNA) Wrestling en Ring Of Honor gevind. Maar soos met vele gevalle eks-Supersterr­e het die deur weer oopgegaan vir die Hardy Boyz om na die beloofde land terug te keer.

TEKEN NET HIER . . .

Volgens bronne is die terugkeer van Matt (42) en Jeff (39) na die WWE “net ’n kwessie van wanneer – dis klaar beklink, hulle moet net hul kontrakte finaliseer”. Die broers was sedert Februarie vanjaar beskikbaar toe hul TNA-kontrakte nie hernu is nie, en dis omtrent dieselfde tyd dat die WWEgerugte begin het. Die amptelike WWE-Twitterrek­ening het ’n hand vol Hardy-verwante twiets sedert begin Maart geplaas, insluitend een oor WrestleMan­ia net ’n week voor die WWE-Pay-Per-View op Sondag 2 April [met druktyd was daar sprake hulle sou by WrestleMan­ia 33 in Florida wees . . .]

DIE VOLLE PRENTJIE

“Om die Boyz se verhouding met die WWE ’n wipwarit te noem, is sagkens gestel,” sê ’n bron. Voor hulle in 2010 van hul kontrakte “vrygestel” is, is Matt afgedank en weer aangestel in 2005 [sy romanse op skerm met Lita was werklik en hul kwessies agter die skerms het nie die WWE beïndruk nie]. Jeff was verskeie kere in die moeilikhei­d omdat hy die WWE- gesondheid­sbeleid oortree het – dit impliseer hy het verbode middels gebruik. Die twee het ook nie aan die verwagting­e voldoen nie. Dus het Jeff in September 2009 ’n Loser Leaves The WWE-geveg teen CM Punk “verloor”, en Matt is ál minder gesien ná hy blykbaar met die WWE vasgesit het oor beleid.

RYPE TERUGKEER

Hoekom kom hulle hoegenaamd terug? Die Boyz ken die maatskappy en was 13 jaar WWE-sterre. Hulle het nie kontrakte nie en kan dadelik weer aansluit. Hulle was groot gunsteling­e. En watter beter manier om nuwe lewe te blaas in die tagspan-afdelings by Raw en Smac SmackDown as met die pioniers

 ??  ?? Jeff (links) en Matt Hardy se nuwe “onstabiele” karakters is ’n treffer by Ring Of Honor-fans, maar hoe gaan die twee in die WWE lyk?
Jeff (links) en Matt Hardy se nuwe “onstabiele” karakters is ’n treffer by Ring Of Honor-fans, maar hoe gaan die twee in die WWE lyk?
 ??  ?? Die Hardys in die ou dae.
Die Hardys in die ou dae.
 ??  ?? Lita het drama veroorsaak.
Lita het drama veroorsaak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa