TV Plus (Afrikaans)

Full Circle: Miami

-

Seisoen 1 M-Net (*101) 23:30 Drama

Full Circle (2013-nou) se stories in die seisoen van tien episodes verbind 11 karakters met mekaar, en hul betrokkenh­eid by ’n seksskanda­al wat senator Davis Faulkner (Dougray Scott) se presidents­veldtog kan vernietig. Het hy regtig ’n foonsnol verkrag en vermoor? Wie kan sê! “Dit gaan oor die toesmeer van die skandaal en hoe hulle alles stilhou om seker te maak inligting word nie bekend nie sodat dit nie sy veldtog kan belemmer nie,” sê Dougray. “Dis ’n goeie ondersoek van morele waardes in die politiek. Gaan die politiek oor mense en om hul lewe te verbeter, of gaan dit oor mag, hoe jy daar kom en of die doel die middele regverdig?”

Die man met die warm binne-nuus is Christophe­r Gorham, wat die senator se geheimedie­ns-agent Rick D’Andre speel. “Hy’s ’n ware patriot wat glo in wat hy doen. Hy glo heelhartig in die geheime diens en dis hoekom hy so gekweld is deur wat hy sien. Hy is ’n pot wat enige tyd kan oorkook,” sê Chris, wie se karakter sentraal in die aksie is. Christophe­r het die blinde CIA-agent Auggie Anderson in Cover Affairs (20102015) gespeel, maar ons kan die keer ’n ander vertoning verwag, want “om rond te kan kyk en ’n aanval te sien, is ’n groot deel van die geheime diens”, sê hy grappender­wys.

Voor die seisoen-première in die VSA in September 2016, het Christophe­r Long van die reeks se produksiem­aatskappy AT&T aangekondi­g: “Jorge Zamacona se skryfwerk sal kykers na die wêreld van sameswerin­g en politiek lok, wat perfek saamgaan soos ons ons presidents­verkiesing­seisoen betree.” En soos kykers in Amerika die reeks in 2017 gekyk het, het gehore gewonder of ’n sameswerin­g so eenvoudig ’n uitwerking op verkiesing­suitslae kan hê.

 ??  ?? Christophe­r Gorham as die geheimedie­ns-agent Rick D’Andre.
Christophe­r Gorham as die geheimedie­ns-agent Rick D’Andre.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa