TV Plus (Afrikaans)

Tyd Met Aleit

-

Seisoen 1 kykNET (*144) 17:30 Leefstyl

Die styl-ghoeroe en bekende troubeplan­ner Aleit Swanepoel weet hoe om van elke kuier of geleenthei­d iets spesiaals te maak. Maar in die nuwe kykNET-reeks Tyd Met Aleit (2017-nou) staan hy ietwat opsy om ander mense die kans te gee om hul talente in die gemak van hul eie huis te toon. Alles onder sy wakende oog, natuurlik.

In elke episode daag Aleit en sy span met ’n mandjie vol verrassing­s op by die huis van ’n bekende, soos die skilder Portchie (episode 2, 12 April), die aktrise Elsabé Daneel (episode 5, 3 Mei) en die sangeres Leah (episode 10, 7 Junie). Die persoon word dan uitgedaag om die bestanddel­e of artikels in die mandjie te gebruik en iets uitsonderl­iks op te tower. “Ek kyk ook watter dekor en ornamente hulle in hul huis het en wys hoe hulle dit kan inspan om stylvol te onthaal,” vertel Aleit.

Wat was die grootste uitdaging van die reeks? Om bekendes te vind wat bereid was om ’n TV-span in hul huis te ontvang. Dit dring in sekere opsigte mense se privaathei­d binne. Maar as jy regtig by iemand se hart wil uitkom, is die beste plek hul eie ruimte en omgewing. Ons het moeite gedoen om die bekendes se tuiste met respek en deernis te hanteer.

Hoe het julle die deelnemers gekies? Ons wou albei geslagte, verskeie ouderdomme en mense met verskillen­de vaardighed­e insluit, soos Portchie wat ’n oorspronkl­ike kunswerk skep. Daarom is ons uitdagings uiteenlope­nd.

Waruit put jy jou inspirasie? Die lewe om my. Elke tekstuur en geluid. As my tenk leeg raak, trek ek graag my goedkoopst­e plakkies aan, kry my sak en gaan spandeer tyd op straat – dis waar die siel van die lewe regtig tasbaar is.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa