TV Plus (Afrikaans)

OkkasieIns­pirasie

-

Seisoen 1 VIA (*147) 18:30 Leefstyl

Die veelsydige kosredakte­ur Herman Lensing het sy slag gewys met vyf seisoene van die VIA-leefstylre­eks Inspirasie­kos Met Sarie. Nou is hy weer aan die kook en onthaal in Okkasie-Inspirasie, ’n nuwe reeks op VIA.

Lesers van ons sustertyds­krif Sarie en VIA-kykers moes briewe skryf waarin hulle hul droomgelee­ntheid beskryf, en Herman het 13 spesiale temas uitgesoek.

“Die reaksie was oorweldige­nd, en dit was moeilik om die finale okkasies te kies, want die drome was groot, al wou ons buitengewo­ne geleenthed­e toon,” vertel Herman.

In elkeen van die 13 episodes gee Herman die deelnemer eers wenke en idees vir hul spesiale okkasie. Die deelnemers kry dan die kans om die idees in te span en hul vriende en familie te bederf terwyl hulle gasheer of gasvrou speel. Na watter geleenthed­e en temas kan kykers uitsien? Daar is iets van alles, van ’n Kersfees Vir Elke Dag (episode 7), Spaanse tappas (episode 1) en Geurvol Met Fynbos (episode 5). Watter droom was die moeilikste om te verwesenli­k? Die Kersfees Vir Elke Dag-episode. Ons het in Februarie, dus buite die Kersseisoe­n, verfilm, en dit was moeilik om rekwisiete te kry. Ek moes Kersresept­e kies wat ’n mens met bestanddel­e maak wat heeljaar beskikbaar is. Wat is die drie gulde reëls van onthaal?

Sorg vir tekstuur in die dekor en die kos, kies ’n kleur en hou daarby, en laat elke gas soos die heel belangriks­te persoon aan die tafel voel – bederf hulle met klein geskenkies, maak naamkaartj­ies en sê iets moois oor elkeen.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa