TV Plus (Afrikaans)

Moenie misloop nie

-

Kaaps, Kerrie En Koesisters

Seisoen 1 VIA (*147) 18:00 Leefstyl

Episode 3 Fatima en Gadija kuier saam met die platejoggi­e Tyrone Paulsen en geniet sy gunsteling­kos – frikkadell­e, kapokaarta­ppels, smoortjie en halwapoedi­ng – saam met hom.

Swartwater

Seisoen 2 SABC2 (*192) 19:00 Drama

Episode 7 Francois red Karen betyds uit die kloue van ’n aanvaller en hy besef sy vrou is ’n tikverslaa­fde. Amulet se aanneming is in die weegskaal en Francois moet by Karen en Amulet intrek en ’n front vir die maatskapli­ke werker voorhou. • Lees meer op bl. 36.

Survivor: San Juan Del Sur

Seisoen 29 SABC3 (*193) 19:30 Realiteit

Episode 4 Die immuniteit­suitdaging gaan twee deelnemers dwing om aan mekaar vasgebind te word terwyl hulle ’n hindernisw­edloop aanpak.

Sara Se Geheim

Seisoen 1 kykNET 9*144) 20:00 Drama

Episode 3 Sara sukkel om by te bly met al die geheime wat sy moet wegsteek en erken die waarheid oor Johan se verlede. Ricky geniet dit om Maggie te treiter. Aiden kom op ’n meisie af wat in die straat lê en vermoed sy is verkrag. Hy probeer help, maar beland dan self in die moeilikhei­d.

• Lees meer op bl. 37.

Episodes

Seisoen 4 BBC Brit (*120) 20:00 Komedie

Episode 2 Matt kry ’n skok wanneer sy nuwe finansiële adviseur hom die waarheid oor sy beleggings­portefeulj­e vertel.

Pawn Stars

Seisoen 13 History (*186) 20:15 Leefstyl

Episode 21 Rick word die oorspronkl­ike, handgeskre­we lirieke van die lied My Country, Tis Of Thee (die eerste lied wat as Amerikaans­e volkslied gebruik is) uit 1831 aangebied, maar hy wil eers vasstel of dit outentiek is.

Chicago PD

Seisoen 1 e.tv (*194) 20:30 Aksie

Episode 7 Die intelligen­sie-eenheid kry ’n moordsaak om op te los, maar dan word onthul Voight se seun word daarmee verbind.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa