TV Plus (Afrikaans)

Soap On A Rope

Seisoen 1 SABC3 (*193) 19:30 Komedie

-

Ashish Gangapersa­d is veral bekend as die gay en ekstrovert IT-ou Prada Naicker van 2012 tot 2014 in Isidingo (1998-nou). Maar nou het die 33-jarige akteur ’n baie minder dramatiese rol as die draaiboeks­krywer Verbal in die komedieree­ks Soap On A Rope (2017-nou) op SABC3 . . .

Wie is Verbal? Hy skryf draaiboeke vir [die fiktiewe sepie] Hard Body, maar hy sukkel om kreatief te wees en die sepie aan die gang te hou. En Verbal is ’n mamma se seuntjie – dit sorg vir pret. Daar’s ’n klomp bekende gesigte in die reeks, soos Melanie du Bois en Luthuli Dlamini . . . Dit was ’n voorreg om saam met gerekende akteurs soos Luthuli, Melanie en Sonia Mbele (voorheen Sedibe) te werk. Ons het ’n Whatsapp-groep gehad en kon mekaar so ondersteun en idees uitruil.

Hoe verskil ’n sitkom van ’n sepie? Sepies word baie anders as komedie geskiet, dus was daar ’n paar uitdagings. Komedie gebruik baie meer beweging en groter gebare, en sepies vereis meer emosie van die akteurs. Wat was die grootste uitdaging van Soap On A Rope? Om alles binne 13 dae te verfilm. Dit het een episode per dag beteken. Ons is aan die diep kant ingegooi, maar ons het dit reggekry, grootliks te danke aan Gray [Hofmeyr, die skepper]. Hoe was dit om saam met Gray, wat ook

Isidingo geskep het, te werk? Hy was al weg toe ek by Isidingo kom, maar dit was ’n openbaring om nou saam met hom te kon werk. Gray is die Clint Eastwood van plaaslike TV, want hy het ’n duidelike visie van wat hy wil hê en hy is altyd bereid om te luister.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa