TV Plus (Afrikaans)

HIER VOLG DIE NUUS

-

Die gruwelreek­s American Horror Story (2011-nou) het Billy Eichner (Billy in die komedie Difficult People, 2015-nou) ingekatrol vir seisoen 7 – produksie begin vanjaar en dit sal handel oor die Amerikaans­e presidents­verkiesing in 2016. Hoewel feitlik nog niks oor die storie of Billy se rol bekend is nie, sê die skepper, Ryan Murphy, Billy “sal meestal geheimsinn­ige moulose tops dra” en Donald Trump en Hillary Clinton sal glad nie ter sprake wees nie, nie eens as karakters nie. Die skeppers van die komedieree­ks How I Met Your Mother (2005-2014) is op pad terug kassie toe met hul sitkom Real Life, wat na verwagting later vanjaar gereed sal wees. Ryan Hansen (Dick in die dramareeks Veronica Mars, 20042007) en Rebecca Rittenhous­e (Anna in die komedie-reeks The Mindy Project, 2012-nou) speel kollegas wat eers in teenoorges­telde dele van die land werk en later dieselfde kantoor deel.

Moenie verwag om Emily Deschanel (dr. Temperance Brennan in die aksiedrama­reeks Bones, 2005-2017) binnekort op TV te sien nie – sy neem “’n blaaskans om die einde van haar program te verwerk. Ek is hartseer omdat ek daardie mense nie meer elke dag sien nie. Dit sal nooit weer dieselfde wees nie. Ek besin oor wat Bones vir my beteken het en waar dit in die TVgeskiede­nis pas.”

Is daar sprake dat die ikoniese sitkom The Fresh Prince Of Bel-Air (19901996) ’n nuwe weergawe kry? Dis waarop fans hoop ná Will Smith en sy medesterre aanlyn opgeduik het in die mini-reünie-foto (onder) 21 jaar ná dit geëindig het. Alfonso Ribeiro, wat Carlton gespeel het, het die kiekie op Instagram geplaas met die onderskrif: “Altyd wonderlik om ’n middag saam met my Fresh Prince-familie te wees. Wens James Avery was hier om dit volledig te maak.” James, wat Uncle Phil was, is in 2013 oorlede weens komplikasi­es ná ’n hartoperas­ie.

Laurel Lance en haar alter ego Black Canary is wel in seisoen 4 van die aksie-sci-fi-reeks Arrow (2012-nou) doodgemaak, maar dit beteken nie die aktrise Katie Cassidy is weg nie. Verrassing! Katie keer in seisoen 5 terug as Black Laurel se dubbelgang­er. Die uitvoerend­e vervaardig­er, Marc Guggenheim, sê: “Ons was so beïndruk deur Katie se vreeslose interpreta­sie van die karakter, ons het geweet haar storie is nie klaar nie.” Katie sal in seisoen 6 in 2018 ’n gereelde speler wees.

Johnny Galecki neem ’n deel van sy wetenskapk­arakter Leonard van die komedieree­ks The Big Bang Theory (2007nou) na SciJinks. Die realiteits­program, met Johnny as speler en vervaardig­er en wat later vanjaar gereed sal wees, span wetenskapt­egnologie in om mense poetse te bak.

BEDERFBROK­KIE! Dit het ses jaar geneem, maar wanneer die sitkom New Girl (2011-nou) eindig, sal Schmidt (Mac Greenfield) se goed bewaarde noemnaam onthul word . . . en dis dieselfde as een van die ander karakters. Die skrywers sou dit aanvanklik aan die einde van seisoen 1 bekend maak, maar dit het ’n lopende grap gebly. Bronne sê die naam het ’n paar keer verander, maar dis nou amptelik: Winston Schmidt, nes die karakter Winston (Lamorne Morris).

Die sepie Young & Restless (1973nou) het Chloe (Elizabeth Hendrickso­n) blykbaar uitgeskryf. Y&R moet nog reageer, maar volgens gerugte is die aktrise nie meer op die kontraklys nie en Chloe se storielyne sal opdroog voor sy in die niet verdwyn.

 ??  ?? Billy Eichner sluit aan by American Horror Story.
Billy Eichner sluit aan by American Horror Story.
 ??  ?? Katie Cassidy is nie klaar met Arrow nie.
Katie Cassidy is nie klaar met Arrow nie.
 ??  ?? Fresh Prince se mini-reünie.
Fresh Prince se mini-reünie.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa