TV Plus (Afrikaans)

Koning Castle

Sewe redes waarom jy die speurreeks Castle moet binge-kyk.

-

Hoe eindig die skrywer Richard Castle (Nathan Fillion) sy raaiselrom­an in die agt seisoen lange aksiereeks Castle (2009-2016)? Hy kyk wat die New York-polisie doen. “My karakter het skrywersbl­ok en danksy omstandigh­ede word hy speurder Kate Beckett (Stana Katic) se spanmaat – die intelligen­te, gedrewe vrou wat nie vir sy truuks en sy sjarme val nie, al vind hy haar baie aantreklik,” sê Nathan laggend. Met die eerste sewe seisoene beskikbaar op die internet-stroomdien­s ShowMax, is hier sewe redes waarom jy Castle moet kyk.

CASTLE IS KONING

Nathan is snaaks en fans van die sci-fireeks Firefly (2002-2003) sal saamstem. Die 45-jarige het perfekte tydsbereke­ning wat komedie betref, hy’s sag op die oog en het ’n netjiese haarsny.

ONINGELIG OF GOED INGELIG?

Richard is nie wat ’n mens konvension­eel sou noem nie. Hy is soos Jonny Lee Miller se karakter Sherlock Holmes in die aksiedrama­reeks Elementary (2012-nou; die eerste vier seisoene is op ShowMax). Hy werk nie altyd volgens die reëls nie – maar hy kry die werk gedaan en laat sy NYPD-kollegas laf lyk.

DAAI LIEFDESVER­KLARING . . .

Castle en Beckett vang misdadiger­s so saam-saam, maar jy kan die “kantoorrom­anse” ’n myl ver agterkom. En net wanneer jy dink hulle gaan nou soen . . . verrassing! Nog ’n saak val in hul skoot. Dit beteken ons moet nog ’n episode wag dat hulle erken hulle voel baie vir mekaar. En dan nog een . . . en nog een . . . dit gaan ’n tydjie duur voordat hulle hul liefde verklaar.

FAMILIEBAN­DE

Wanneer Castle saans huis toe gaan, wag daar ’n familie op hom. So dis nie net ’n polisieree­ks oor polisiedin­ge nie. Daar is die familie- eenheid wat tot die dinamika bydra. Wat Castle op sy tone hou, is sy tienerdogt­er,

Alexis (Molly C. Quinn), wat drama met seuns het en universite­it toe wil gaan, sowel as sy aktrisema,

Martha (Susan Sullivan, Kitty in die sitkom Dharma & Greg, 1997-2002), wat steeds haar “klein seuntjie” op die regte pad hou.

KNAP SPAN

Castle en Beckett los nie self misdade op nie. Beckett het ’n span, wat bestaan uit Javi Esposito (Jon Huertas), ’n ekssoldaat van die weermag se spesiale magte wat nou ’n polisieman in die moordafdel­ing is. Daar is ook Javi se beste pel, die gewese narkotikas­peurder

Kevin Ryan (Seamus Dever). En iemand wat vir Beckett susterlike raad gee, is haar vriendin dr. Lanie Parish (Tamala Jones), wat ook die span se mediese ondersoeke­r en Javi se meisie is.

TERGERY OP SY BESTE

Waar anders sal jy hoofkarakt­ers kry wat sulke snaaksighe­de kwytraak: Castle: Belowe om my nie te haat nie.

Beckett: Ek haat jou reeds. Of iets wat Beckett vir die verliefde Castle sê: “Noem my weer jou muse en ek breek jou bene”. Dis ’n liefde-haatverhou­ding en omgekeerd.

OP ’N ERNSTIGE NOOT

Goed, dis ’n grap. Castle gaan oor ’n humoristie­se kinkel by die drama op die skerm. Boonop hoef jy nie al die episodes te gesien het om die storie - lyn te volg nie. Elke aflewering handel oor ’n nuwe saak en die kyker raak gou bewus van die onderligge­nde verhouding.

 ??  ?? Castle en sy liefdesbel­angstellin­g, speurder Beckett, hou die strate van New York vry van misdaad.
Castle en sy liefdesbel­angstellin­g, speurder Beckett, hou die strate van New York vry van misdaad.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa