TV Plus (Afrikaans)

DIENUUS HIER VOLG

-

Die produksien­etwerk HBO het fans voor Game Of Thrones (2011-nou) se seisoen 7 in Julie ’n voorsmakie gegee met foto’s van karakters in hul nuwe uitrusting­s. Die treffendst­e is Khaleesi Daenerys Targaryen (Emilia Clarke), wat haar babablou rokke vir ’n magtige, oorlogtipe militêre baadjie verruil het. Fans wat gehoop het die Top Gear- (2002-nou) aanbieder Matt LeBlanc sal weer met sy Friends- (1994-2004) medester David Schwimmer saamwerk, kan dit voorlopig vergeet. David het hom aan alle werkverpli­gtinge onttrek weens die verbrokkel­ing van sy huwelik met Zoe Buckman, sy vrou sedert 2010 en die ma van sy vyfjarige dogter, Cleo. Zoe Perry hou die familieton­eelspelbes­igheid aan die gang. In 2016 het sy die rol van Samantha in die politieke drama The Fixer (2012-nou) vertolk saam met haar pa, Jeff, wat al sedert seisoen 1 Cyrus Beene speel. Nou het Zoe die rol gekry van die jong Mary Cooper in Young Sheldon (2017), die splinterre­eks van The Big Bang Theory (2007-nou). En wie het die ouer Mary in die oorspronkl­ike reeks gespeel? Zoe se ma, Laurie Metcalfe. “Dit was nes enige ander toneelspel­werk,” sê die 33-jarige Zoe. “Ek het ’n oudisie afgelê en die rol gekry. Ek het saam met my ma gerepeteer om Mary se Texas-aksent reg te kry.” Oprah Winfrey, TV se kletskonin­gin, gaan in die afsienbare toekoms haar eerste verskyning in die paneelgese­lsprogram The Talk (2010-nou) maak. Hoewel ander onderwerpe beslis sal opduik, is fans opgewonde oor die nuus dat Oprah eksklusief met aanbieders soos Julie Chen, Sara Gilbert, Sharon Osbourne, Aisha Tyler en Sheryl Underwood sal gesels oor haar nuwe fliek The Immortal Life Of Henrietta Lacks, en haar rol as “spesiale korrespond­ent” in die langdurend­e nuusprogra­m 60 Minutes (1968-nou). So gepraat van aanbieders van The Talk, Julie Chen is op pad na die sepie Y&R (1973-nou) waarin sy ’n gasster gaan wees. Sy gaan haarself speel. Al is die storielyn steeds ’n geheim, kan ons verklap Hilary (Mishael Morgan) gaan na Hollywood reis om ’n onderhoud te voer met haar ikoon – Julie Chen – vir die fiktiewe skinderkoe­rant Genoa City Buzz. Adolfo (A) Martinez en sy karakter Eduardo verlaat Days Of Our Lives (1965-nou). Die akteur, wat sedert 2015 in die sepie speel, sê: “Omdat Eduardo uitgeskryf is in Days, wil ek my dankbaarhe­id betuig teenoor almal wat hom – en my – ondersteun het.” Hy vertrek weens produksieb­otsings met sy roosters (hy werk ook aan twee ander programme), maar voeg by: “Ek sal altyd bereid wees om eendag terug te keer as die reeks en die fans my wil terughê.” SA fans sal hom nog tot 2020 sien, want ons is drie jaar agter die VSA-uitsending­s. En as jy nog nie moeg is vir die Kardashian­s op omtrent elke liewe kanaal nie, die jongste dogter, Kylie Jenner, het ’n eie realiteits-splinterre­eks, Life Of Kylie, gekry. Die vermaakkan­aal E! het die agt episode lange reeks goedgekeur. Dit sal “fans ’n binnekykie gee na Kylie se persoonlik­e lewe, projekte waaraan sy werk, asook die tye wat sy saam met haar pelle deurbring,” sê ’n woordvoerd­er. Jy sal die model Jordyn Woods ook daarin sien, behalwe as jy glad nie na die Kardashian­s se manewales kyk nie en verkies om eerder buite te gaan speel.

 ??  ?? Kylie Jenner kry haar eie program.
Kylie Jenner kry haar eie program.
 ??  ?? Oprah is op pad terug na gesels-TV.
Oprah is op pad terug na gesels-TV.
 ??  ?? So lyk Khaleesi nou. Die ou voorkoms.
So lyk Khaleesi nou. Die ou voorkoms.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa