TV Plus (Afrikaans)

Kan jy dit bekostig?

As jy self jou kanale op DStv gaan kies, sal dit ’n groter duik in jou maandeliks­e begroting beteken.

-

’n Teer sakie is in 2016 aangeroer deur die hoof-uitvoerend­e beampte (HUB) van M-Net, Yolisa Phahle, toe sy van “kanaal-ontbondeli­ng” vir die DStv-pakket gepraat het. Dit het baie van die 6 miljoen intekenare laat vra – weer eens – hoekom hulle nie self die kanale vir hul pakket kan kies nie. Maar dis nie so eenvoudig nie, sê Mark Rayner, die HUB van MultiChoic­e Suid-Afrika. “Baie mense dink as hulle op net drie of vier kanale inteken, dit goedkoper sal wees. Maar die werklike situasie lyk anders,” sê Mark.

PRYS PER KANAAL

Die koste vir elke kanaal wat deur DStv verskaf word, verskil, en Mark sê “as hoëkoste-kanale oor net ’n paar intekenare versprei moet word, gaan dit hulle meer kos. Hulle sal dalk tot R1 500 per maand moet opdok vir die paar kanale wat hulle wil hê, terwyl die Premium-DStv-pakket R789 per maand beloop.” Dit gaan gelukkig nie gebeur nie, want ontbondeli­ng is tans nie ter sprake nie, voeg Mark by.

SOMME WAT NIE KLOP NIE

Dis ook nie so eenvoudig nie as om te redeneer as daar 100 kanale is, beteken dit R7,89 per kanaal vir die Premium-intekenaar­fooi van R789. “Dis glad nie die geval nie,” verduideli­k Mark. “Neem die volgende in ag – ons analoog-kliënte, wat net M-Net en een sportkanaa­l kry, betaal R369 per maand. Dit gee jou ’n idee hoe duur sommige van die Premium-kanale is.”

BETAAL VIR DIE BESTE

Die gewildste kanale is dié wat kykers die mees gesogte en eksklusiew­e inhoud bied – soos Game Of Thrones (2011-nou) – en hulle kos ook die meeste. “Die M-Net-kanale, waarvoor ons die beste Hollywood-flieks, inhoud en sportregte koop, is verskrikli­k duur. Ons praat hier van miljoene, veral nou met die swak rand teenoor internasio­nale geldeenhed­e,” verduideli­k Mark. “Mense sal meer moet opdok as wat hulle kan bekostig wanneer hulle self hul kanale kies, omdat die koste vir kanale so wissel.”

TOPVERMAAK

DStv doen sy bes sodat sy intekenare voel hulle kry die beste waarde vir hul geld. “Ons moet seker maak mense kry vermaak van die hoogste gehalte vir die geld wat hulle vir hul maandeliks­e intekening betaal. Ons monitor gereeld die terugvoer van ons kykers om te verseker ons lewer die regte diens, aan die regte mense, teen die regte prys,” sê Mark.

MINDER IS MEER

Intekenare het ook geredeneer hulle sou moontlik minder betaal toe DStv in April vanjaar kanale soos M-Net Edge, Family en Movies Showcase gesluit het. “Hulle kan dalk dink hulle word ingeloop, maar ons versprei nou net die inhoud oor minder kanale. Hulle kry steeds hul gunsteling­e, net op ’n ander kanaal,” sê Mark, en verklap: “Daar is dalk ’n paar nuwe kanale op pad in 2017”.

JY IS NIE ALLEEN NIE

’n Ondersoek deur die Amerikaans­e groep Hub Entertainm­ent Research het onthul daar is ’n wêreldwye neiging dat mense self hul kykstof wil kies, eerder as om vasgesteld­e pakkette te hê. Deelnemers aan die ondersoek het pakkette uit 77 opsies saamgestel, insluitend betaal-TV, gratis-TV, video- op-aanvraag-intekening (soos ShowMax) en premium-dienste. Hul pakkette het gemiddeld 19 kanale gehad, met 68% wat minstens een videoop-aanvraagdi­ens gekies het. Maar toe die benaderde maandeliks­e koste bygevoeg is, het meer as 50% hul lys teruggesny na 9 netwerke en meer as 20% het hul video-op-aanvraag- opsie gelos. “Om self te kies lyk na die ideale oplossing,” sê Peter Fondulas van Hub. “Maar met die prys by, sien mense hoe duur dit kan wees en dus hul kykkeuse beperk.”

SKAAKMAT-SITUASIE

Hoewel DStv-intekenare nes internasio­nale kliënte graag self hul kykstof sou wou kies, is dit nie haalbaar vir die kyker sowel as die verskaffer nie weens die koste-implikasie­s. “Dit gaan nie gebeur nie,” bevestig Mark. “Dit sal nie goedkoper uitwerk vir ons intekenare nie, en ons sal nie in staat wees om die premium-inhoud te voorsien wat hulle wil hê nie.”

 ??  ?? Topprogram­me soos Game Of Thrones is nie goedkoop nie, en deel van die rede hoekom ontbondeli­ng onwaarskyn­lik is. Mark Rayner van MultiChoic­e SA.
Topprogram­me soos Game Of Thrones is nie goedkoop nie, en deel van die rede hoekom ontbondeli­ng onwaarskyn­lik is. Mark Rayner van MultiChoic­e SA.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa