TV Plus (Afrikaans)

Die Boekklub

Ontmoet die kleurryke karakters van Merweville.

-

Die lewe loop soms vreemde paadjies. Wanneer die siniese Kaapstadse skrywer en hipster Tom Niemandt (Armand Aucamp) se ouma Bettie (Lida Botha) skielik sterf, erf hy haar gastehuis op die pragtige dorpie Merweville in die hartjie van die Karoo. Die stadsjapie beskou dit nie as ’n meevallert­jie nie, want hy wil nie die stadsliggi­es vir die stilte en afgesonder­dheid van die Karoo verruil nie. Totdat hy op Merweville aankom en hoor hy het ook die boekklub op die dorp geërf. Tom ontmoet dan al die interessan­te en soms eksentriek­e lede van die boekklub – en word deur ’n beeldskone, geheimsinn­ige meisie, Lillie (Christia Visser), in die veld onkant betrap.

ShowMax-kykers kan nou al 13 boeiende episodes van die dramareeks Die Boekklub (seisoen 1) op Showmax kyk en in die spelers se lief en leed deel.

ANNA UYS (Jana Cilliers)

Die kruievrou Anna was Bettie se beste vriendin. Anna en haar man, Jan (Marcel van Heerden), is gelukkig getroud. Anna het ’n nuwe wêreld deur middel van die boekklub en boeke ontdek, maar sy bevind haar tans op ’n plek in haar lewe waar sy nie meer die regte antwoorde kan vind nie. En sy voel haar tyd loop vinnig uit al wil sy nog baie dinge in haar lewe doen.

LILLIE HUMAN (Christia Visser)

Lillie is Anna se dromerige, kunssinnig­e en avontuurlu­stige kleindogte­r. Sy was altyd ’n ou siel in ’n jong lyf. Nadat sy haar kunsgraad voltooi het, het sy haar rugsak gepak en is Europa toe waar sy ’n bietjie gewerk en baie gereis het. Rome was veronderst­el om ’n hoogtepunt te wees, maar dit word haar dramatiese keerpunt wat haar na die stilte en vrede van Merweville laat terugkeer. Lillie het ’n baie spesiale verhouding met haar ouma.

HERMAN MOUTON (Arno Marais)

Herman is ’n saggeaarde, vriendelik­e alleenlope­r-skaapboer. Hy het nog nooit ’n meisie gehad nie. Sy pa, Stef (Chris van Niekerk), woon saam met hom op die plaas. Sy pa is moeilik, bitter, kla aanhoudend en drink baie, en sy ma het jare gelede verdwyn. Herman sing in die kerkkoor en speel mooi orrel. Hy wil graag die kerkorrel bespeel, maar sy pa sal ’n oorval kry. Herman het heel toevallig by die boekklub beland nadat Anna hom een aand saamgeslee­p het.

GERT GROBLER (Paul du Toit)

Gert is ’n slagter en ’n wewenaar. Sy vrou, Nadia, is dood aan borskanker. Hy het geleer as jy hard werk verdoof dit die pyn. Sy lewe het ’n roetine geword – hy draf soggens vroeg, werk bedags, kyk saans TV en slaap. Hy besoek een keer per week sy vrou se graf. Sy vrou het hom oorreed om by die boekklub aan te sluit. Hy was eers halsstarri­g en het nie al die boeke gelees nie, maar ná sy vrou se dood het die boekklub sy behoud geword.

HANLI OBERHOLZER (Nicole Holm)

Hanli is amper veertig, opgeruimd en mollig. Sy eet aanmekaar en wil almal altyd voer. Sy was eers ’n haarkapper in Pretoria totdat sy Johan (Anrich Herbst) op Vleesbaai se strand ontmoet het en hulle ses maande later moes trou. Sy en Johan het twee kinders, Kara, wat in matriek is en Chris, wat op universite­it is. Hanli en Johan het uitmekaar gedryf en sy probeer hul huwelik weer opkikker. Sy en Gert is goeie vriende en hulle gesels lekker.

GERWIN GOLIATH (Lee-Ann van Rooi)

Gerwin, ’n onderwyser­es, het een van die vervalle huisies op die dorp gekoop nadat haar verlowing verbreek is. Sy en Bettie het ’n hegte verhouding gehad en Bettie het haar baie gehelp met haar onderwysst­udies. Gerwin stap graag in die veld en geniet die geselskap by die boekklub. Maar sy het een groot hartsbegee­rte: ’n kind.

SOFIA MATHEWS (June van Merch)

Sofia en Bettie het saam grootgewor­d, hulle was soos susters en was vennote in die gastehuis. Bettie het vir Sofia baie geld nagelaat, maar Sofia het nog nie vir haar man, Tobias (Cedwyn Joel), wat by die munisipali­teit werk, daarvan vertel nie. Wanneer Tom op die dorp aankom, stamp hy en Sofia eers koppe – en sy besluit Tom gaan nie die gastehuis deur sy alie trek nie.

 ??  ?? Van links: Herman (Arno Marais), Sofia (June van Merch), Gerwin Goliath (Lee-Ann van Rooi), Anna (Jana Cilliers), Tom (Armand Aucamp), Lillie (Christia Visser), Hanli (Nicole Holm) en Gert (Paul du Toit).
Van links: Herman (Arno Marais), Sofia (June van Merch), Gerwin Goliath (Lee-Ann van Rooi), Anna (Jana Cilliers), Tom (Armand Aucamp), Lillie (Christia Visser), Hanli (Nicole Holm) en Gert (Paul du Toit).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa