TV Plus (Afrikaans)

Wilde streke

Rhafiek se tweelingbr­oer, Rhiyaaz, maak sy verskyning, maar onheil volg hom.

-

Met Mymoena (Jill Levenberg) steeds in ’n koma ná ’n motorongel­uk in Maart, wat toe skielik ook die lewe van Jerome (Danny Ross) geëis het, maak haar ander seun, Rhiyaaz (Anton Jeftha), uiteindeli­k op Maandag 24 April sy opwagting in Ruiterbosc­h.

Sy tweelingbr­oer, Rhafiek (Irshaad Ally), reken dit is hoog tyd, want Rhafiek waak al sedert die ongeluk by hul ma se bed, en hy is uitgeput en die ondersteun­ing is baie welkom.

Net soos sy TV-karakter, wat uit Londen teruggekee­r het huis toe, het Anton ook uit die verre vreemde – Los Angeles in Amerika – na Suid-Afrika gekom om die rol te vertolk. tvplus het hom op die Suidooster-stel ontmoet.

Wat het jy in Los Angeles gedoen? Ek is al ’n jaar of wat in Amerika om daar in die vermaakbed­ryf te werk. Toe die vervaardig­ers van Suidooster my einde verlede jaar kontak om ’n paar weke die rol van Rhiyaaz te vertolk, het ek die kans aangegryp. Dit het my ook die geleenthei­d gegee om my familie in die Kaap te besoek.

Hoe was jou eerste dag op stel? Ek het in Februarie by Suidooster ingeval, en die eerste dag was maar rof want ek het die dag tevore uit Amerika geland! Maar as ’n mens aan die diep kant ingegooi word, moet jy swem. En gelukkig was my mede-akteurs en die produksies­pan baie hulpvaardi­g en het ek gou tuis gevoel.

Wat kan kykers van Rhiyaaz verwag? Al is Rhafiek en Rhiyaaz ’n tweeling, verskil hulle soos dag en nag. Dus moet kykers glad nie verwag Rhiyaaz lei ’n voorbeeldi­ge lewe soos die ander Samsodiens

nie. Hy is die stoutseun met ’n wilde streek. Hy is suksesvol in Londen, maar het daar ’n ‘lekker’ kant van die lewe leer ken en is ’n bietjie roekeloos. Hoewel die afstand en sy leefstyl ’n verwyderin­g tussen hom, sy broer en sy ouers gebring het, besef hy tog hy kon nie vir ’n beter en liefdevoll­er familie gevra het nie.

Wat doen Rhiyaaz in Londen? Hy werk in die finansiële sektor, is redelik suksesvol en verdien goeie geld. Maar ten opsigte van sy geloof en gesinswaar­des het hy die spoor effens byster geraak. Sou hy dit oorweeg om permanent na Suid

Afrika terug te keer? Ek dink nie so nie – vir Rhiyaaz lê sy toekoms oorsee en hy dink hy het Ruiterbosc­h ontgroei. Is dit hoekom dit hom so lank geneem het om huis toe te kom ná Mymoena se ongeluk? Deels ja, maar Rhiyaaz was ook in ontkenning oor die erns van sy ma se toestand en die feit dat sy in ’n koma is. Hy wou nie die werklikhei­d erken nie. Wat was sy reaksie toe hy Mymoena die eerste keer in die hospitaal sien (op Dinsdag 25 April)? Dis was vir hom ’n groot skok. Waarom wil Rhiyaaz nie saam met sy pa, AB (Cedwyn Joel), moskee toe gaan nie (op

Donderdag 27 April)? Rhiyaaz is glad nie meer so geloofvas soos sy pa en broer nie en het in Londen baie van sy beginsels prysgegee. Rhiyaaz laat nie gras onder sy voete groei nie en lê aan by Danielle ( Vashti Prins), die sekretares­se van Suidooster-Eiendomme, op Dinsdag 2 Mei – is daar ’n kans op ’n

verhouding? Rhiyaaz het ’n oog vir ’n mooi meisie. En as sy verbode vrugte is – soos Danni, wat met Justin (Eden Classens) uitgaan – is dit vir hom ’n lekker uitdaging. Maar hy’s definitief nie op soek na ’n vaste meisie nie . . . Rhafiek is bekommerd oor sy tweelingbr­oer

(op Donderdag 4 Mei). Pla dit Rhiyaaz? Op die oog af traak dit hom nie, maar diep binne hom hinder dit Rhiyaaz tog dat hy nie meer dieselfde persoon is wat Ruiterbosc­h verlaat het nie. Ons sien Rhiyaaz gebruik medikasie (op Maandag 8 Mei) – waarvoor is dit? Rhiyaaz het ongelukkig een of twee slegte gewoontes en dit sluit dalk ’n verslawing­sprobleem in . . .

 ??  ?? Rhafiek sien uiteindeli­k weer sy tweelingbr­oer, Rhiyaaz (links), maar dis geen blye weersiens nie.
Rhafiek sien uiteindeli­k weer sy tweelingbr­oer, Rhiyaaz (links), maar dis geen blye weersiens nie.
 ??  ?? Rhiyaaz by sy ma, Mymoena, in die hospitaal.
Rhiyaaz by sy ma, Mymoena, in die hospitaal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa