TV Plus (Afrikaans)

Winde van veranderin­g

Danny Ross vertel van sy besluit om Suidooster te groet en wat in sy toekoms lê.

-

Een van ons gunsteling-Suidooster­karakters, Jerome (Danny Ross), se dood het die tvplus-familie met ’n groot leemte gelaat. Die laaste eer is skaars betoon (hy’s op Donderdag 6 April begrawe) of die ongelukkig­heid oor sy vertrek word duidelik op ons sosialemed­ia-platforms. “Dis nie nodig om ons hart so seer te maak nie,” skryf Denise Robyn op ons Facebookbl­ad. “As Jerome die sepie wou verlaat, kon hulle dit anders doen.” En Radie van den Berg skryf: “Die skrywers moet hul kop laat lees! Hulle verwyder die life and soul van Suidooster.”

Tvplus word steeds oorval met vrae, daarom het ons eerstehand­s gaan uitvind wat Danny nou doen en hoekom hy die groot besluit geneem het om “Roampie”, ’n karakter wat hy self erken hom uit sy “gemaksone” gelig het, te groet.

Toe Suidooster hul akteurskon­trakte in Oktober verlede jaar begin hernu, het Danny die vervaardig­er, Suidooster Films, laat weet hy gaan nie sy kontrak hernu nie.

TYD OM AAN TE BEWEEG

“Ek het gevra om die sepie te verlaat om ander projekte na te jaag en om my loopbaan uit te brei. Die streng skietskedu­le het my begin frustreer, want ek kon nie ander werk doen nie,” sê Danny.

Sy laaste dag op stel was in Februarie, en dit was somber. “Dit was vreeslik hartseer. Al die tyd en harde werk (die afgelope twee jaar) wat ek aan Jerome bestee het, het skielik tot ’n einde gekom.”

DIE GROOT REAKSIE

Jerome het gesterf weens ’n breinaneur­isme ná die motorongel­uk (op 16 Maart) waarin hy en Mymoena (Jill Levenberg) was op pad na Bianca (Simone Biscombe), sy vriendin, se bevalling. Hy is breindood verklaar, en op Donderdag 30 Maart is die masjiene wat hom aan die lewe gehou het, afgeskakel. Danny vertel hy is heeltemal oorweldig deur boodskappe van kykers op sosiale media wat hul hartseer – en soms woede – uitspreek oor sy vertrek uit die sepie. “Ek het geen idee gehad my karakter het so ’n reuse-uitwerking op die kykers gehad nie. Ná Jerome se dood het my sosialemed­ia-platforms ontplof met boodskappe. Ek kon nie bybly nie. Dit was terselfder­tyd hartseer en pragtig,” sê Danny.

SKERP DIALOOG

Jerome het ons altyd lekker laat lag met sy snaakse sêgoed soos: “Joh, maar hy lyk gevaarlik”, “Big Boss J- O het klaar gepraat. Ek soek nie bollewange by my bash nie”, “Beautiful Bee! (sy bynaam vir Bianca) Jy bly maar ’n sight for sore eyes”, “As destiny met jou flirt beter jy haar hand vat en dans” en “What’s up? Dis soos conversati­on Sahara hierbinne”.

“Ek het nie ’n gunsteling-Jeromesêdi­ng nie,” sê Danny toe ons hom daaroor pols. “Elke week het ek iets nuuts gehad om te sê, en dis alles te danke aan die skryfspan. Hulle het Jerome op sy tone gehou.”

SIEN JOU WEER

Danny werk tans aan die vollengte weergawe van die kortfliek Nommer 37, wat in 2015 die toekenning vir beste draaiboek by die Silwersker­mfees gewen het. “Ek trek later vanjaar Johannesbu­rg toe waar ek aan ’n projek vir e.tv gaan werk,” verklap Danny, maar meer mag hy nie sê nie. Ons wag in spanning.

 ??  ?? Danny Ross as die geliefde Jerome wat nou sy vlerke sprei.
Danny Ross as die geliefde Jerome wat nou sy vlerke sprei.
 ??  ?? Bridgette (Denise Newman) groet haar seun.
Bridgette (Denise Newman) groet haar seun.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa