TV Plus (Afrikaans)

Drama oor die boedel SPANNING EN ’N PLEIDOOI

Carmen erf heelwat aandele uit Jerome se boedel – tot die Jacobse en Octobers se ontstelten­is.

-

Dit blyk Carmen (Desiré Gardner) is die grootste begunstigd­e in die boedel van haar vervreemde man, Jerome (Danny Ross). Hy is begin April skielik oorlede, ’n nadraai van ’n vroeëre motorongel­uk, en in sy testament laat hy sy aandele in die Suidooster-Sentrum aan Carmen na. Dit is iets waaroor die Jacobse (Mrs J en Lee-Ann – Theresa Sedras en Portia Joel) en die Octobers – Jerome se ouers, Ian en Bridgette (Abduraghma­an Adams en Denise Newman) – baie ontevrede is.

“Jy kan dink toe hulle uitvind Carmen het skielik ’n sê in hul besigheid, was hulle smoorkwaad,” sê Desiré. “Hulle dink ook Jerome en Carmen se huwelik was nie wettig nie [hulle het getrou terwyl hulle dronk was, maar het besluit om die huwelik nie nietig te laat verklaar nie] en wat hulle betref, is die nalaat van die aandele aan Carmen nie ’n ware refleksie van wat Jerome sou wou hê nie.”

TEENSTAND

Mrs J, wat haar aandele in die sentrum aan haar kleinkinde­rs, Jerome en Nicci (Gerwen Simon), oorgedra het, is op Woensdag 26 April ongelukkig omdat Carmen Jerome se aandele het, maar Carmen glo dis wat Jerome sou wou hê.

Sy wil hê haar skoonseun, Ian, moet iets daaraan doen, maar hy’s te besig met sy eie probleme – soos om wraak te neem teen Jerome se dokter wat hy glo nalatig was. Later die dag sien ons hoe Lee-Ann, Mrs J se dogter en bestuurder van die sentrum, aanbied om die aandele by Carmen te koop – maar sy weier. “Carmen dink sy kan Jerome op ’n manier eer as sy aan die aandele vasklou,” verduideli­k Desiré. Mrs J hoor op Donderdag 27 April LeeAnn kon Carmen nie oorreed nie. Sy besluit om sake in eie hande te neem en lewer ’n emosionele pleidooi aan Carmen. “Mrs J, wat dit opreg bedoel, probeer haar basies oorreed,” sê Desiré en later die dag bespreek Carmen dit met haar ma, Estelle (Elsabé Daneel). “Estelle glo Carmen het geen reg op die aandele nie, want sy en Jerome was nooit man en vrou in die ware sin van die woord nie,” verduideli­k Desiré.

WEES GEWAARSKU

Ondanks al die teenkantin­g besluit Carmen om die aandele te hou. En dan bied Ian op Woensdag 3 Mei vir haar werk by Suidooster-Eiendomme aan – en sy aanvaar sy aanbod. “Ian is ’n man wat altyd ’n plan het – sy motief kan wees dat hy met Carmen ’n alliansie teen LeeAnn kan vorm,” sê Abdu. Oppas dus, Carmen!

 ??  ?? Carmen word teen haar baas gewaarsku.
Carmen word teen haar baas gewaarsku.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa